Tumisang kyk verder as syfers

TUMISANG SENTLE (middel in voorste ry) saam met ander matrikulante wat die beste gepresteer het in die provinsie.  Foto: Boipelo Mere
TUMISANG SENTLE (middel in voorste ry) saam met ander matrikulante wat die beste gepresteer het in die provinsie. Foto: Boipelo Mere

TUMISANG SENTLE gaan sy sewe onderskeidings gebruik om meganiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US) te studeer.

Dié skrander leerling wat in sy lewe al menige ingewikkelde draadkar gebou het, wil nou leer om groot vragmotor- en motorenjins en die bakwerk te bou.

“Ek was gek na wiskunde en wetenskap. Ek wil weet wat agter enige wetenskaplike feit en wiskundige berekening skuil, en hoe dit alles inmekaarskakel. Dit het my van kleins af geboei,” vertel hy.

Hy het aan die Hoërskool Pampierstad naby Hartswater gematrikuleer.

Hy het onderskeidings in Tswana (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskap en fisiese wetenskap behaal.

“Dit sal moeilik wees om so ver van die huis te studeer, maar ek sal dit oorleef,” sê hy. Hy gaan met ’n beurs studeer.

Tumisang het hard aan sy akademiese loopbaan gewerk. Hy het die meeste aande eers om 23:00 gaan slaap.

“Ek en die ander lede van my studiegroep het daagliks tussen vyf en sewe uur ekstra studietyd ingesit.

“Ons het by die skool en ná skool saam geleer. Ek hoop dat hulle ook goeie uitslae sal ontvang.”

Hy het gehoop om onderskeidings in al sewe sy vakke te behaal. “Ek het nie so lekker aan die wiskunde-vraestel geskryf nie. Rekeningkunde was die vak waarvan ek die minste gehou het.”

Sy grootste struikelblok was beurtkrag aan die begin van die jaar. Van daar het dit net voorspoedig met sy studies gegaan.

“Ek is deur ’n skrander leerling wat in 2013 gematrikuleer het, geïnspireer. Ek het hom gevra na sy strategie vir akademiese sukses.

“Hy het my vertel dat ek nooit moet moed opgee nie, al wil ek hoe graag. ’n Mens moet jou studies met toegewydheid benader.”

Sy pa, George Sentle, is ’n mynwerker by ’n platinummyn in Rustenburg en sy ma, Rebecca, ’n verkoopskonsultant. Sy jonger boetie, Olehilemanchwe, is vanjaar in gr. 8 aan ’n ander skool.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 364 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 642 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 1718 votes
Vote
ZAR/USD
15.15
(+0.77)
ZAR/GBP
20.39
(+0.20)
ZAR/EUR
18.41
(+0.57)
ZAR/AUD
11.28
(+0.41)
ZAR/JPY
0.15
(+0.33)
Gold
1838.30
(+0.51)
Silver
24.09
(+0.37)
Platinum
1033.00
(+2.73)
Brent Crude
47.96
(+1.75)
Palladium
2300.52
(-3.37)
All Share
58947.48
(+1.14)
Top 40
54171.85
(+1.29)
Financial 15
11399.33
(+0.82)
Industrial 25
79681.43
(+0.78)
Resource 10
56621.26
(+2.07)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo