Vrieskasdood skok bure

’n BEWOË Elton van der Westhuizen, die pa van Elzaan en Elridge Johnson, het gister die heeltyd na foto’s van sy kinders op sy selfoon gekyk. “Ek het nog ’n trapfiets vir hom vir sy verjaardag gekoop,” het hy gesê. Foto’s: Anena Burger
’n BEWOË Elton van der Westhuizen, die pa van Elzaan en Elridge Johnson, het gister die heeltyd na foto’s van sy kinders op sy selfoon gekyk. “Ek het nog ’n trapfiets vir hom vir sy verjaardag gekoop,” het hy gesê. Foto’s: Anena Burger

DIE gemeenskap van Kakamas is in rou en skok gedompel nadat vyf kleuters Dinsdagmiddag (19/01) vermoedelik in ’n ou vrieskas versmoor het.

Dit is onduidelik hoe die kinders in die vrieskas beland het. Die kinders was in die sorg van Maria Nkhonto, ’n ouma van een van die kleuters.

Die vyf niggies en nefies, Adrian Majiedt (7), sy boetie Jamian (3), Elzaan Johnson (5), haar boetie Elridge (3) en Anastasia Majiedt (3), wou glo die middag graag na die kinderverrigtinge by hul kerk gaan.

“Ek het hulle gevra om net gou huis toe te gaan en gesê ek sal vinnig terug wees om hulle te help netjies aantrek,” het Nkhonto Woensdag vertel.

Sy was glo net ’n paar minute by die buurvrou voordat sy terug is. Nkhonto se man, Samuel, was by die huis.

Nkhonto sê sy het onraad vermoed toe die kinders vreeslik stil word, en na hulle begin soek. Samuel het gesê hy het hulle buite gesien speel.

Teen 16:00 was die buurt op soek na die kleinspan. Kort ná 17:00 het Nkhonto klein Adrian se ma, Adriana, wat op pad huis toe was, gebel en gesê sy kry hulle nie.

Nkhonto sê sy het ’n gevoel gekry dat sy by die vrieskas in die agterplaas moet gaan kyk, waar sy op die tragiese toneel afgekom het. Sy sê sy het gesukkel om die vrieskas oop te kry.

Elton van der Westhuizen, Elridge en Elzaan se pa, het erg bewoë geraak toe Nkhonto vertel het hoe sy die kinders aangetref het.

Hy het na foto’s op sy selfoon gekyk waar sy seuntjie glimlaggend op ’n skopfiets sit. “Ek het dit nog vir hom vir sy verjaardag gekoop,” het hy gesê terwyl hy trane uit sy oë gevee het.

Esmerelda Majiedt het gebroke vertel hoe sy die nuus ontvang het.

“Ek was op pad huis toe, toe ’n outjie my van voor kom inhol het en sê: ‘Jou kinders het in ’n vrieskas versmoor.’ Ek het gesê ek glo hom nie, hom gevloek en huis toe gehardloop.”

Die kinders is toe reeds na die hospitaal geneem waar hulle dood verklaar is.

Die kerk het gevra dat ek hulle net netjies aantrek voordat ek hulle neem.
– Maria Nkhonto.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4417 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 4090 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 457 votes
Vote
USD/ZAR
14.06
+0.1%
GBP/ZAR
19.71
+0.2%
EUR/ZAR
17.14
+0.2%
AUD/ZAR
11.06
+0.3%
JPY/ZAR
0.13
+0.1%
Gold
1,831.32
0.0%
Silver
27.45
0.0%
Palladium
2,929.64
0.0%
Platinum
1,256.50
0.0%
Brent Crude
68.28
+0.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo