Aftreeoord bied gemoedsrus

Garanzia Aftreeoord in Jeffreysbaai bied kopers verskeie aantreklike geleenthede: veiligheid, toegang tot mediese geriewe, winkels en selfs kerke na aan die oord. Ds. Charlie Bond is die dryfkrag agter dié toonaangewende aftreeoord.         Foto:VERSKAF
Garanzia Aftreeoord in Jeffreysbaai bied kopers verskeie aantreklike geleenthede: veiligheid, toegang tot mediese geriewe, winkels en selfs kerke na aan die oord. Ds. Charlie Bond is die dryfkrag agter dié toonaangewende aftreeoord. Foto:VERSKAF

GARANZIA-aftreeoord in Jeffreysbaai bied kopers verskeie aantreklike geleenthede: goeie veiligheid, maklike toegang tot mediese geriewe, sowel as winkels en selfs kerke na aan die oord.

Benewens die mooi omgewing en rustigheid wat inwoners hier kry, is daar heelwat ander faktore wat dié plek so gesog maak.

Ds. Charlie Bond van Garanzia, sê: “Die meeste mense wat ’n eiendom in ’n aftreeoord koop, wil graag die res van hul lewe daar woon. Dit is dus belangrik dat die oord oor al die geriewe beskik wat hulle in ’n latere stadium kan benodig - soos mediese geriewe, verswaktesorg en ondersteuning. “En natuurlik hoe die plek lyk.”

Garanzia, geleë op die hoek van Koraal- en Dolly Vardenstraat, spog met 30 eenhede in die eerste fase wat reeds voltooi en verkoop is. In die tweede fase van 20 eenhede, is nog net drie beskikbaar.

Daar word eersdaags met ’n derde fase begin.

Die eenhede bestaan uit twee slaapkamers, ’n badkamer en leefarea. Die moderne kombuis is met ’n stoof toegerus en kom met ’n granietoppervlak.

’n Klein studeerkamer kan maklik in die motorhuis, groter as die standaard motorhuis, ingerig word.

Die bekostigbare maandelikse heffing sluit in: 24-uur sekurteit, alle belastings, tuindienste en die onderhoud van geboue (slegs die buitekant).

Nooddienste is beskikbaar, en inwoners het volle toegang tot die hoë-gehalte fasiliteite wat Jeffreysrus voorsien: siekeboeg waar daar altyd ’n noodbed beskikbaar is.

Verder word inowners van ’n noodknoppie voorsien. Dié is met die siekeboeg verbind.

Administrasie word hanteer deur Jeffreysrus Aftreeoord, wat nou saam met Garanzia werk.

’n Mediese suster van Jeffreysrus lewer kliniekdienste aan inwoners en monitor hul gesondheid.

Die haarsalon, naelsorg, kliniek, sosiale geleent-hede en Donderdae-etes is teen ’n minimale koste beskikbaar.

Daar is weeklikse vervoer na plaaslike besighede beskikbaar, en inwoners kan ook by die dienssentrum aansluit.

Garanzia-inwoners betaal dieselfde skaalta-riewe as die permanente inwoners van Jeffreys-rus.

“Garanzia is ’n pragtige, rustige aftreeoord wat gemoedsrus aan die inwoners bied,” sê Bond.

Vir meer inligting, skakel Bond by 083 621 6643.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 848 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1605 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 8704 votes
Vote
ZAR/USD
15.43
(-0.02)
ZAR/GBP
20.51
(+0.03)
ZAR/EUR
18.25
(+0.28)
ZAR/AUD
11.22
(+0.51)
ZAR/JPY
0.15
(+0.53)
Gold
1837.30
(-1.79)
Silver
23.50
(-2.73)
Platinum
921.00
(-2.28)
Brent Crude
45.18
(0.00)
Palladium
2338.48
(+1.23)
All Share
57147.31
(+0.94)
Top 40
52478.55
(+1.08)
Financial 15
11337.90
(+0.62)
Industrial 25
79917.53
(+1.49)
Resource 10
51771.17
(+0.65)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo