As die tong glip

Jannie Hough. Foto:VERSKAF
Jannie Hough. Foto:VERSKAF

HOESÊ? Jy het nog nooit in woorde gestruikel nie?

Ek kan nie geluk sê nie, want jy het dit so pas gedoen. Omdat daar geen volmaakte mens is nie, ver-klaar ek empiries (sonder enquête) dat ons almal die hebbelikheid het om praatfoutjies te maak.

Eerlik: as jy nie fokus voor jy praat nie, gorrel jy. En vat iemand jou daaroor aan, verander jou tong in ’n swaard – en ons weet almal dat dié lid van die liggaam skerper word met gebruik. George Elliot sê iets soos: “Geseënd is mense wat, wanneer hul niks het om te sê nie, hulself keer om hul gebrek met baie woorde te probeer wegsteek.” Vandaar dalk president Lincoln se woorde: “Dis beter om stil te bly en mense te laat dink jy is dom, as om jou mond oop te maak en hul vermoede te bevestig.”

Ons tong faal ons. Punt. Daarom moet mense met ’n tekort aan idees nie daarvoor probeer vergoed met ’n stortvloed woorde nie. Jy praat jou net vas. Dis nie die baie woorde wat ons gebruik wat mense oortuig nie, maar die gewig wat hulle dra. Ons toehoorders moet nooit die indruk kry dat idees te klein is vir ons woorde nie

Vóór hierdie ’n katkisasieles word, kom ons loer na die ligte kant. Mense het byvoorbeeld regtig aan versekeringsmaatskappye ge-skrywe (volgens Solly Osrovech in Die Grootboek van Illustrasies):

  • “Ek het ’n man omgery. Hy het erken dis sy skuld, want hy is al te-vore omgery.”
  • “Sy het my skielik gesien, haar kop verloor en ons het mekaar sy aan sy ontmoet.”
  • “Ek dink geeneen van die voertuie kan die skuld kry, nie, maar as albei skuld moet kry, is dit die ander een.”
  • “Toe ek by die huis kom, het ek by die verkeerde huis ingedraai en teen ’n boom gebots wat nie in my tuin was nie.”
  • “Die man het van plan verander sodat ek oor hom moes ry.”
  • “’n Voetganger het my motor getref en onder die boom ingegaan.”
  • “’n Koei het teen my motor vasgeloop. Ek is later in kennis gestel dat sy vertraag is.”
  • “Ek het gedink die syvenster is af, maar dit was op, soos ek agtergekom het toe ek my kop daardeur steek.”
  • “Die voetganger het geen idee gehad in watter rigting hy moes gaan nie, sodat ek oor hom gery het.”

Die wêreld gons van verkeerde antwoorde – oor baie redes: soms vrees, of onkunde, of as mense snaaks probeer wees. Party keer vra ons dom vrae – en ons kry stupid antwoorde (en ons verdien dit).

Eksamens is goeie teelgrond vir antwoorde wat sensitiewe onnies laat skwiek soos ’n rubber pop. Sulke stommiteite sluit in (sommige volgens FB-korrespondente):

  • Mondeling. Onnie: “Wie het die mure van Jerigo laat val?”

Jannie (grootoog): “Regtig, Meneer, dis nie ek nie, Meneer!”

  • Eksamen: “Monique het 50 stukke sjokolade, Sy eet 48. Wat het sy nou?

Jannie: “Suikersiekte.”

  • Speedie: “Wanneer gebruik ’n motoris sy hoofligte?”

Senuweeagtige leerlingbestuurder: “As hy spiteful wil wees.”

  • Onnie: “In watter geveg is Napoleon Bonaparte oorlede?”

Leerling: “Sy laaste een.”

  • “As jy ’n swart klip in blou verf gooi, wat sal dit word?”

Antwoord: ’n Nat klip (Wat anders?)

  • Vraag: “As jy 4 appels en drie lemoene in elke hand vashou, wat het jy?”

Antwoord: “Groot hande?”

  • Wat het in 1896 opgehou?”

Logiese antwoord: “1895.”

Ai, de domheid regeerd die wêreld. Toe ek in graad 7 was, vra ons leerkrag (ironie!) in ’n eksamen: “Ek stap deur Australië. Skielik spring hier ’n ....uit.” Ek meen – komaan, Meneer! Wat sal u gemaak het as ek gesê het: “’n Uilskuiken”? Enige ding kan uitspring – van ’n kangaroe tot ’n meisie wat ’n man soek. Mag ek voorstel, Meneer, dat ú uit die klas uitspring? Dan gebruik ons ons eie krag om te leer (pun intended).

Wat sê ek? Praat intelligent en met respek (veral teenoor jou geliefde!). Voor jy praat, vra jouself: “Is dít wat ek gaan sê die waarheid? Is dit nodig? Is dit vriendelik? Maak dit sin?”

Wees op jou hoede. Die grootste vuur wat net wag om aangesteek te word, is direk agter jou tande.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Would you choose to continue working from home after the coronavirus lockdown if given the option?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, it's much better for me
40% - 6543 votes
No ways! I can't wait to get back to the office
12% - 1917 votes
A mixture of both would suit me best
48% - 7895 votes
Vote
USD/ZAR
14.61
(0.0)
GBP/ZAR
20.02
(0.0)
EUR/ZAR
17.37
(0.0)
AUD/ZAR
11.13
(0.0)
JPY/ZAR
0.13
(0.0)
Gold
1,743.98
(0.0)
Silver
25.25
(0.0)
Platinum
1,204.50
(0.0)
Brent Crude
62.95
(-0.4)
Palladium
2,641.93
(0.0)
All Share
67,191
(+0.2)
Top 40
61,459
(+0.3)
Financial 15
12,123
(+0.8)
Industrial 25
87,544
(+0.1)
Resource 10
68,608
(+0.2)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo