Beursie vind pad terug na eienaar

“’n Vrou het vandag ’n wonderlike ding in my lewe gedoen . . .,” sê Marius Botha van Louterwater, nadat Sisanda Beke van Joubertina verlede Dinsdag sy verlore beursie aan hom terugbesorg het.                   Foto: VERSKAF
“’n Vrou het vandag ’n wonderlike ding in my lewe gedoen . . .,” sê Marius Botha van Louterwater, nadat Sisanda Beke van Joubertina verlede Dinsdag sy verlore beursie aan hom terugbesorg het. Foto: VERSKAF

SY kon maklik die verlate beursie in haar sak steek, maar toe Sisanda Beke die bankkaart met die eienaar se naam daarop sien, het sy geen twyfel gehad oor wat sy moes doen nie.

Beke, ’n werknemer van Oos-Kaap Parke en Toerisme in Joubertina, het verlede Dinsdag oppad werk toe dié beursie buite die Hoërskool McLachlan opgetel en dadelik by die plaaslike Eerste Nasionale Bank aangeklop om haar te help om die regmatige eienaar op te spoor.

Die beursie is binne minute met sy eienaar, Marius Botha van Louterwater herenig.

Volgens Botha het hy verlede Maandag-aand sy beursie met R110, sy bankkaart en bestuurslisensie by die skool verloor.

“Ons was daar vir ’n funksie. Oppad terug na ons voertuig het my dogter geval. Ek het afgebuk om haar op te tel, en vermoed dat my beursie toe uit my sak geval het,” sê Botha.

Botha het eers die volgende oggend rond-om 09:00 besef dat sy beursie weg is.

“Toe ek my beursie nie by die werk of huis kon opspoor nie, is ek deur Joubertina toe om my soektog daar voort te sit,” sê Botha.

“Ek het skaars by die skool gestop, toe my selfoon lui. Groot was my verbasing toe ’n FNB-werknemer my inlig dat ’n vrou my bankkaart ingegee het in die hoop om my op te spoor.”

Volgens Botha was dit ’n wonderlike ervaring. “Sy het geen rede gehad om so iets te doen nie, en tog het sy al die moeite gedoen om my beursie aan my terug te besorg.

“Daar was nie ’n sent weg nie. Ek het die geld vir haar gegee om dankie te sê.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 4962 votes
It's four more years for Trump
54% - 5864 votes
Vote
ZAR/USD
16.50
(+0.03)
ZAR/GBP
21.39
(-0.04)
ZAR/EUR
19.45
(-0.08)
ZAR/AUD
11.62
(+0.21)
ZAR/JPY
0.16
(+0.11)
Gold
1902.07
(-0.03)
Silver
24.40
(+4.37)
Platinum
853.00
(0.00)
Brent Crude
42.85
(-0.67)
Palladium
2350.50
(+0.86)
All Share
55025.28
(-0.25)
Top 40
50572.06
(-0.33)
Financial 15
9941.40
(-0.36)
Industrial 25
75448.58
(+0.92)
Resource 10
53194.51
(-1.73)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo