Boere, plaaswerkers betoog ná aanval

Boere van die gemeenskap het met plakkate voor die hof in Patensie gestaan waar ’n man voorgekom het weens die skiet en verkragting van ’n 44-jarige vrou op ’n plaas by Hankey. Van links is Kobus Ferreira, Catherina Wait, Rikus du Preez, Radi Ferreira en Klaus Ferreira. Foto:LELANIE DE BRUIN
Boere van die gemeenskap het met plakkate voor die hof in Patensie gestaan waar ’n man voorgekom het weens die skiet en verkragting van ’n 44-jarige vrou op ’n plaas by Hankey. Van links is Kobus Ferreira, Catherina Wait, Rikus du Preez, Radi Ferreira en Klaus Ferreira. Foto:LELANIE DE BRUIN

BOERE en plaaswerkers van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap het Dinsdagoggend saam voor ’n hof in Patensie teen misdaad betoog.

Dit is hier waar ’n 32-jarige man sy eerste hofverskyning gemaak het in verband met die skiet en verkragting van ’n

44-jarige vrou op ’n plaas by Hankey.

Die vrou en die beskuldigde se name word weerhou weens die seksuele aanklag.

“Ek ken nie die slagoffer nie, maar sy is ’n vrou, nes ek. Al verskil is dat sy ’n ander kleur vel as ek het, maar dit kon net sowel met my of een van die jong kinders in ons gemeenskap gebeur het,” het Annelie Henene, ’n plaaswerker in die distrik, voor die hof gesê.

Die slagoffer was op 23 Maart alleen saam met haar drie kinders op hul plaas by Hankey toe ’n man op ’n glasdeur van die huis losbrand.

Die man het blykbaar deur die stukkende glasdeur toegang tot die huis verkry. Die vrou is in die voorval in haar laerug raakgeskiet, waarna sy verkrag is, glo ten aanskoue van haar jong kinders.

Hierna het die aanvaller haar na ’n kitsbank geneem, waar hy geld onttrek het. Die vrou het daarin geslaag om te vlug terwyl die man besig was om geld te onttrek.

Die polisie se provinsiale georganiseerde misdaadondersoekeenheid het verlede Woensdag die beskuldigde in die Nketlana-nedersetting, etlike kilo-meter van die Lesotho-grens, met klere van die slagoffers in sy besit betrap.

Volgens die polisie is die beskuldigde ’n voormalige seisoenale plaaswerker op die plaas. Hy het in Desember 2016 laas op die plaas gewerk.

Die beskuldigde het sy gesig met sy rooi baadjie toegevou toe hy Dinsdag in die stampvol hof ingestap het.

Hy is aangekla van roof met verswarende omstandighede, diefstal, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, verkragting, huisroof, vier aanklagte van ontvoering en vier aanklagte van poging tot moord. Die saak is tot 16 April vir verdere ondersoek uitgestel en die beskuldigde bly in aanhouding.

Carel Versfeld van die Hankey-buurtwag het Dinsdag die saamtrek voor die hof gereël en sê die boere, plaaswerkers en gemeenskapslede staan saam teen misdaad.

Hy sê die aanval het skokgolwe deur die hegte gemeenskap gestuur.

“Dit is sekerlik een van die ergste voorvalle onlangs in dié gebied en ons is hier om te wys ons sal dit nie aanvaar nie.

“Ons is juis nou besig om gebeurlikheids-planne op te stel vir enige soortgelyke voorval en rampe.”

Monika Boecker, ’n buurtwagstigter, sê sy het die buurtwag sowat ses maande gelede gestig weens die toename in misdaad.

“Die groep was eers net ’n paar mense in die straat om my huis. Nou staan ons al op 20 patrollielede wat help met waarneming en noodhulp.

“Dit is nie net die boere wat deurloop nie. Dit is ook die plaaswerkers wat onder misdadigers deurloop.”

Volgens Yoliswa van Rooyen, ’n plaaswerker, is dit nie die plaaslike mense wat vir die meeste van die misdaadvoorvalle in die gemeenskap verantwoordelik is nie, maar wel die mense wat van buite die vallei inkom om vir die seisoen op die sitrusplase te werk.

“Die mense wat hierheen kom, laat ons as vroue onveilig voel. Ons is onveilig by die huis en in die strate met hulle hier, want hulle doen net wat hulle wil met ons vroue,” sê sy.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
37% - 2425 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 1744 votes
No, I don't think they need it
37% - 2425 votes
Vote
ZAR/USD
15.09
(-0.16)
ZAR/GBP
21.02
(-0.23)
ZAR/EUR
18.22
(-0.19)
ZAR/AUD
11.62
(-0.25)
ZAR/JPY
0.14
(-0.54)
Gold
1734.50
(+0.02)
Silver
26.67
(+0.05)
Platinum
1186.51
(+0.42)
Brent Crude
64.40
(-2.56)
Palladium
2310.00
(+0.58)
All Share
66138.05
(-1.99)
Top 40
60754.30
(-2.11)
Financial 15
12200.05
(-1.09)
Industrial 25
86144.34
(-0.81)
Resource 10
67459.85
(-4.14)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo