Boesemvriendinne maak ’n verskil

Mia Vorster (12) en Lizemari Louw (12) van die Laerskool Stulting in Humansdorp het ’n paar dae van hul vakansie ingeboet om geld vir die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) in te samel. By die twee boesemvriendinne is Aero en Filo.                   Foto:MONIQUE BASSON
Mia Vorster (12) en Lizemari Louw (12) van die Laerskool Stulting in Humansdorp het ’n paar dae van hul vakansie ingeboet om geld vir die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) in te samel. By die twee boesemvriendinne is Aero en Filo. Foto:MONIQUE BASSON

IN hul soektog na die perfekte viervoetige maat, het twee boesemvriendinne van Humansdorp se harte vermuwe toe hulle die talle smeekogies van weggooidiere sien.

Mia Vorster (12) en Lizemari Louw (12) van die Laerskool Stulting het dadelik die laaste paar dae van hul skoolvakansie ingeboet om geld vir die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) in te samel.

Mia vertel dat sy en Lizemari op Mandela-dag, 18 Julie, DBV toe is om ’n babahondjie vir ’n familie-vriendin te soek.

“Ons het sóveel verwaarloosde diere ge- sien, dat ons net daar besluit het om ons va-kansie prys te gee en eerder ’n paar bydraes vir die DBV te werf.”

Terug by die huis, het hulle aan die werk gespring en verskillende yskasmagnete en geskenkies gemaak wat hulle aan die inwoners van Boskloof verkoop het.

Met behulp van die gemeenskap en skenkings van vriende en familie, kon hulle sowat sewe sakke katkos en hondekos vir die DBV aankoop.

Jock Dog Food het ’n verdere 50kg hondekos geskenk toe hulle van die twee vriendinne se fondsinsamelingspoging te hore gekom het.

“Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap se ondersteunng,” sê Mia.

“Die hoogtepunt was om die kos aan die DBV te oorhandig.

“Ons gaan nie hier stop nie. Ons beoog om nog vele projekte ten bate van die DBV in die toekoms aan te pak.”

Hulle moedig inwoners aan om die DBV te ondersteun - hetsy deur ’n viervoetige bondgenoot aan te neem eerder as om troeteldiere te koop, of skenkings te gee.

“Só kan jy iets wonderliks doen vir ’n dier sonder ’n ander heenkome,” sê Mia opgewonde.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 369 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 646 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 1729 votes
Vote
ZAR/USD
15.16
(+0.03)
ZAR/GBP
20.39
(+0.07)
ZAR/EUR
18.41
(+0.01)
ZAR/AUD
11.26
(+0.15)
ZAR/JPY
0.15
(+0.07)
Gold
1842.42
(+0.14)
Silver
24.08
(+0.28)
Platinum
1042.00
(+1.90)
Brent Crude
48.78
(+0.95)
Palladium
2329.00
(+1.41)
All Share
58947.48
(+1.14)
Top 40
54171.85
(+1.29)
Financial 15
11399.33
(+0.82)
Industrial 25
79681.43
(+0.78)
Resource 10
56621.26
(+2.07)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo