Buurtwag doen stappe teen misdaad

TYDENS hulle jongste vergadering het die Buurtwag van Astonbaai op daadwerklike stappe besluit om misdaad in die omgewing in samewerking met ADT en Smhart sekuriteitsmaatskappye hok te slaan. Die besluite is geneem op die buurtwag se 18 September-vergadering waarby dié twee maatskappye en dertig buurtwaglede verteenwoordig was.

Ian Dangers van ADT het aangekondig dat hul sekuri-teitsgroep hulle sterk in Jeffreysbaai en Astonbaai wil vestig, en ’n voertuig het wat 24 uur-patrolliediens in laasgenoemde deel van die dorp uitvoer. Hy het daarop gewys dat kameras by die toegangspaaie na Astonbaai geïnstalleer sal word wat alle voertuie se registrasienommers sal moniteer.

Dié kameras is direk met hul monitorkantoor gekoppel en sal op ’n 24-uur basis gemoniteer word.

ADT is besig met ’n werwingsaksie in Astonbaai, en daar word beplan om CCTV-kameras op strategiese punte te plaas wat misdadige elemente kan opspoor. Dié kameras sal ook deur hulle gemonitor word. ADT sal die eerste fase van die projek befonds, en die tweede fase sal afhang van die aantal nuwe lede wat deel word van dié groep. Astonbaai-buurtwag wil binnekort met Carl Trahms van Smhart-sekuriteit vergader oor die installe-ring van kameras.

Die buurtwag het hul waardering uitgespreek vir die betrokkenheid van dié twee maatskappye. Hulle is van mening dat die twee groepe se samewerking verantwoordelik is vir die lae misdaadsyfer in Astonbaai.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
53% - 485 votes
Yes, at work
16% - 147 votes
No, I've never experienced this
31% - 286 votes
Vote
USD/ZAR
14.31
(0.0)
GBP/ZAR
19.81
(0.0)
EUR/ZAR
17.15
(0.0)
AUD/ZAR
11.07
(0.0)
JPY/ZAR
0.13
(0.0)
Gold
1,776.67
(0.0)
Silver
25.97
(0.0)
Platinum
1,203.79
(0.0)
Brent Crude
66.77
(-0.3)
Palladium
2,781.00
(0.0)
All Share
68,699
(+1.3)
Top 40
62,898
(+1.3)
Financial 15
12,446
(+0.8)
Industrial 25
89,364
(+0.8)
Resource 10
70,350
(+2.2)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo