Die laagwaterbrug - die druk word al groter

: Daar is al miljoene bestee om ’n “brug” te versterk wat nooit ’n brug was nie, maar op rommel gebou is. Foto: JANNIE HOUGH
: Daar is al miljoene bestee om ’n “brug” te versterk wat nooit ’n brug was nie, maar op rommel gebou is. Foto: JANNIE HOUGH

DIE laagwaterbrug-probleem tussen Astonbaai en Paradysstrand het nou politieke afmetings begin aanneem, met elkeen wat ’n mening het, die stadsraad wat raadop skyn te wees, en die Groenies wat wal gooi vir al wat hulle werd is.

Dit is duidelik dat niemand wat aan die saak werk, weet wat hulle doen nie. Daar is al miljoene bestee om ’n “brug” te versterk wat nooit ’n brug was nie, maar op rommel gebou is. As nog ’n “kontrakteur” gehuur word om nog miljoene te maak, vrees die pu-bliek dalk vir nog ’n mislukking.

Die oorsprong van die spoelbrug (waarom sê almal tog “causeway”?) is al tot vervelens op sosiale media verduidelik. Die kern is dat die oorspronklike ontwikkelaars twee “voorstede” van dieselfde dorp langs mekaar ge-skep het, waarvan een nooit weet wanneer hy weer van die hoofdorp afgesny word nie, omdat daar nie ’n ordentlike brug tussen die twee dele gebou is nie. Die laagwateroorgang het in die vroeë 70’s van die vorige eeu sy oorsprong gehad toe bourommel en sand deur ’n kontrakteur daar gegooi is.

Die Nasionale Party het niks behoorlik aan die saak gedoen nie, ook nie die ANC nie, en tot dusvêr misluk die DA ook. Praatjies – baie; oplossings, geen. As die Paradys-mense kla, word hul verwys na ’n ysingwekkende grond-ompad waarop ’n bobbejaan nie met ’n kierie kan loop nie. Aan die einde van die pad is die motoris feitlik bý Humansdorp en nie by Jeffreysbaai nie – dit wil sê as sy motor die “pad” oorleef het. Dié pad kan nie deur die plaaslikes munisipaliteit geteer word nie, omdat dit klaarblyklik ’n openbare pad is wat deur die nasionale regering beheer word. Dus – nog ’n pluimpie in hulle hoed.

Die jongste poging om die vloed van die Seekoeirivier op pad see toe te stuit, is twee pompe wat skynbaar die watervlak moet verlaag, sodat motors nie deur strome soutwater moet ploeg om hul bestemming te bereik nie. Een FB-skrywer wys daarop dat die pompies nie hond haaraf sal maak nie. “Jy kan net sowel die sandkorrels begin tel,” meen ’n Paradys-inwoner wat Saterdag op die strand was. Die getye en steeds toenemende watermassa van die rivier maak alle pogings van dié aard ongedaan.

“Wie betaal vir dié pompe?” wil iemand weet. Word dit deur ’n “kontrakteur” verskaf? Wie dit ook al hanteer, Saterdag het die pompe gestaan en werk met geen mens naby om daarna om te sien nie. Maandag was die pompe stil. Langs die pompe, parallel met die teerpad, lê die kanaal wat seker veertig jaar gelede al gebou is, waardeur stormwater kan vloei wanneer die rivier afkom. Die kanaal is oorgroei. Daar word beweer dat ’n lid van die publiek die kanaal wou skoonmaak en ge-dreig is met ’n yslike boete. Die pompe is intussen verwyder om opsigtelike redes.

Belanghebbendes vra waarom bedrewe mense, mense met vakkennis, nie genader word nie. Die dorp is vol afgetrede kenners. Daar is tog seker één siviele ingenieur wat sy hulp gratis sal aanbied? Ons kenners is tog immers nie minder begaafd as Amerikaners wat kilometerlange brûe oor die see bou nie? Die publiek wil weet of demokrasie dan nie regering deur die mense beteken nie. Hoekom word die volk dan uitgesluit by intelligente besluitneming?

Tans is daar ’n skaakmat-situasie: die plaaslike regering keer vir hulle geld, die eko-vriendelikes keer vir die omgewing en die motoriste keer vir die roes. Niemand dra die blaam nie. Die ANC blameer die ou NP, en die DA blameer dalk die ANC, en oor ’n paar jaar blameer die nuwe politici waarskynlik weer vir die DA. Niks is nuut nie. Dis ’n gesang wat al tussen 40 en vyftig jaar gesing word – weliswaar vals, maar darem.

Inwoners van Astonbaai en Paradysstrand word gevra om die volgende wyksvergade-ring by te woon en met voorstelle vorendag te kom.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
53% - 478 votes
Yes, at work
16% - 145 votes
No, I've never experienced this
31% - 281 votes
Vote
USD/ZAR
14.31
(0.0)
GBP/ZAR
19.81
(0.0)
EUR/ZAR
17.15
(0.0)
AUD/ZAR
11.07
(0.0)
JPY/ZAR
0.13
(0.0)
Gold
1,776.67
(0.0)
Silver
25.97
(0.0)
Platinum
1,203.79
(0.0)
Brent Crude
66.77
(-0.3)
Palladium
2,781.00
(0.0)
All Share
68,699
(+1.3)
Top 40
62,898
(+1.3)
Financial 15
12,446
(+0.8)
Industrial 25
89,364
(+0.8)
Resource 10
70,350
(+2.2)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo