Elke wieldop het sy eie storie

Edréï Marks van die Winery@62 wens die honderde wieldoppe teen die winkel se mure kon met haar praat, sodat ook sy hul geskiedenis kan deel.          Foto: MONIQUE BASSON
Edréï Marks van die Winery@62 wens die honderde wieldoppe teen die winkel se mure kon met haar praat, sodat ook sy hul geskiedenis kan deel. Foto: MONIQUE BASSON

HIER pryk die trotse Plymouth-wieldop wat eens in die Groot Depressie van 1940 - 1950 talle kilometers op ’n stowwerige grondpad afgelê het.

’n Entjie verder flankeer ’n 1949-DeSoto met jou. Dan wink ’n Studebaker, Dodge, Mercury en Six-Packard jou nader - en jy weet jy is in ’n wieldop-paradys.

Hoe anders met nagenoeg 400 klassieke (wieldop)skoonhede onder een dak? Elk het ’n eie storie.

As jy die Winery@62 op Joubertina betree, speel Suid-Afrika se wieldopgeskiedenis van die laat 1940’s tot die 1980’s voor jou af. Dit is wel nie so bekend en indrukwekkend soos hul ‘grootboet’, die motor self nie, maar dié blink doppe hou ’n bekoring van hul eie in.

Daar is heelwat spogdoppe van Mercedes-Benze, Chevrolets, Volkswagens, Fords en ander fabrikate - elk ’n glorieryke pronkstuk van weleer. Hier is wieldoppe na elkeen se hart.

Dié blinkes laat menigte inwoners en besoekers in hul spoor vassteek om ’n onbe-plande draai by die Winery@62 te maak, wat eintlik meestal wyn verkoop.

“Hier is al die ‘doppe’ te koop, maar net nie die wieldoppe nie,” sê eienaar Gideon Martinson laggend.

Volgens Martinson het hulle die oorspronklike versameling bekom toe die Kloof Hotel op Joubertina op 14 Februarie 2003 verkoop is. Die 404 wieldoppe het teen die hotelkroeg se mure gepryk. “Ons wil graag die doppe in die kloof hou; hier waar hulle hoort,” sê hy.

Benewens die wieldoppe, pronk ’n ligpers 1958 Vespa windmakerig in die winkel. Martinson verseker dat die Vespa nog ry.

Of jy nou ’n motorliefhebber is of nie, as jy Roete 62 deur die Langkloof aanpak, maak ‘n draai by die Winery@62 op Joubs. Dit is beslis die moeite werd. En as die glans van die honderde wieldoppe jou nie bekoor nie, is daar steeds die wyn...

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4264 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 3950 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 434 votes
Vote
USD/ZAR
14.05
0.0%
GBP/ZAR
19.67
0.0%
EUR/ZAR
17.10
0.0%
AUD/ZAR
11.03
0.0%
JPY/ZAR
0.13
0.0%
Gold
1,831.32
0.0%
Silver
27.45
0.0%
Palladium
2,929.64
0.0%
Platinum
1,256.50
0.0%
Brent Crude
68.28
+0.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo