Fonteine Park Apteek vier 25 jaar van sukses

Die gewilde Fonteine Park Apteek in Da Gamaweg, Jeffreysbaai vier vandeesmaand hul 25ste verjaardag. Die apteek spog met agt personeellede: Minette Bond, Samantha du Plessis, Leandré van Kampen, Willem du Preez (eienaar), Elma du Preez (eienaar), Alouise du Preez, Chantal Rademeyer en Mariette Ferreira (afwesig).                                                                  Foto’s:VERSKAF
Die gewilde Fonteine Park Apteek in Da Gamaweg, Jeffreysbaai vier vandeesmaand hul 25ste verjaardag. Die apteek spog met agt personeellede: Minette Bond, Samantha du Plessis, Leandré van Kampen, Willem du Preez (eienaar), Elma du Preez (eienaar), Alouise du Preez, Chantal Rademeyer en Mariette Ferreira (afwesig). Foto’s:VERSKAF

DIE gewilde Fonteine Park Apteek in Da Gamaweg, Jeffreysbaai vier vandeesmaand hul 25ste verjaardag - meer as twee dekades van sukses in moeilke ekonomiese omstandighede.

Dié familie-georienteerde apteek, wat oor dekades nie van eienaar of perseel verander het nie, is in 1993 deur die Du Preez-familie gestig: apteker Willem du Preez en sy ouers, Thinus du Preez en Anette Crous.

Die begin

Konstruksie van die gebou het in Junie 1993 by hul perseel (Da Gamaweg 115) begin. Twee maande later het Fonteine Apteek sy deure amptelik op 2 Augustus 1993 met slegs drie personeellede geopen: Willem du Preez (apteker en bestuurder), Matty Nolte en Samantha Smith (Du Plessis) wie steeds by die apteek werksaam is.

Die kompleks is deur Christo Vosloo van Sevos Argitektuur ontwerp, terwyl die bouwerk deur NJO du Plessis bouers gedoen en die binne-ontwerp die werk van Shelvit is. Thinus het baie van die voorbereidingswerks en finale bouwerk self behartig het.

Dr. Jack Finestone, ’n bekende pediater van Port Elizabeth, en plaaslike oogkundige Sandra Coetzer het op dieselfde tyd in die kompleks begin praktiseer. Later het die tandarts Danie Steyn ook ingetrek en is deur dr Johan Smit opgevolg.

Fonteine Park Apteek

Tans spog die apteek met agt personeellede: Willem du Preez, Elma du Preez, Leandré van Kampen, Alouise du Preez, Samantha du Plessis, Minette Bond, Chantal Rademeyer en Mariette Ferreira.

Die huidige huurders sluit in dr. Jack Finestone (pediater), Dappie Prinsloo (tandarts) en Wink Skoonheidsalon.

Willem, wat tot op die opening van Fonteine Park Apteek die bestuurder van Sentrum Apteek (eienaar Eugene Schroëder) was, skryf deel van hul sukses daaraan toe dat hy en sy ouers wat TW-verspreiders besit het, reeds bekendes in die gemeenskap was. Asook kompeterende pryse, en goeie en vriendelike diens.

“Dit gaan alles oor persoonlike diens en genade van bo.

“Dit is ons strewe om persoonlike en individuele aandag aan al ons klante te gee. Ons streef verder daarna om hulle van die beste raad te bedien en met die mees koste-effektiewe produkte te voorsien.”

Fonteine Park Apteek is aan die meerderheid mediese fondse gekoppel en bied ’n groot verskeidenheid skoonheids- en grimeerprodukte aan.

  • Bloeddrukmeting
  • Cholesterol
  • Suiker/ glukose-toetsing
  • Griep-inspuitings
  • Wondsorg
  • Gratis aflewering van medisyne
  • Na-ure uitroepe
  • Langer ure in seisoentyd
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6754 votes
It's four more years for Trump
54% - 7864 votes
Vote
ZAR/USD
16.20
(+0.81)
ZAR/GBP
21.20
(+1.15)
ZAR/EUR
19.15
(+1.09)
ZAR/AUD
11.53
(+0.61)
ZAR/JPY
0.15
(+0.95)
Gold
1904.14
(-0.89)
Silver
24.65
(-1.13)
Platinum
885.00
(+0.17)
Brent Crude
42.06
(-3.35)
Palladium
2370.00
(-0.11)
All Share
54796.42
(-0.99)
Top 40
50276.84
(-1.23)
Financial 15
10376.28
(+2.34)
Industrial 25
74130.97
(-0.60)
Resource 10
52819.20
(-2.99)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo