Fountains Malll - Parkering geen probleem

WAAR parkeer gestremdes as nie-gestremdes hul parkeerplekke beset?

Wat van ekstra ruimtes vir senior bur-gers? Wie kontroleer die parkeerarea? Kan ’n bebaarde jongman (sonder ’n baba) aan-gesien word vir ’n moeder?

Dit is sommige vrae waarop die bestuur van die Fountains Mall in Jeffreysbaai antwoorde moet probeer vind, want baie lede van die publiek parkeer waar en wanneer en soos hulle wil. Ons het die antwoorde uit die perd se mond gaan haal, want as motoriste die waarheid lees, glo hulle dit dalk.

Jeanette du Toit, bestuurder van dié koopsentrum het eenvoudige, redelike antwoorde op al die vrae verskaf:

  • Die parkeerarea is privaat grond, maar die landswet (waarby die Human Rights Council ook betrokke is) bepaal die hoeveelheid parkeerplekke in verhouding tot die grootte van die sentrum.
  • Plekreservering: Dit word in skrif aangedui en geld vir gestremdes, moeders met babas en vir senior burgers bo sestig. Eersgenoemdes moet ’n doktersertifikaat aan die munisipaliteit voorlê, en ontvang ’n (betaalde) skyfie met ’n jaarlikse sperdatum vir hul motor se voorruite.
  • Slegs die verkeersdepartement mag die parkeerarea besoek en boetes uitreik waar nodig. Die sentrum doen nie polisiëring of inspeksie nie.
  • Klagtes word ontvang oor sekere lede wat hulself die reg toe-eien om op enige ruimte te parkeer. Navorsing is nodig om die redes hiervoor te ondersoek. Gesagsliggame soos die OPD, DPD en QADA mag die area besoek en die skuldiges aanspreek.
  • Die sentrum mag nie na willekeur die drie tipes gereserveerde areas uitbrei nie, omdat dit inmeng met die toegelate hoeveelheid parkeerruimtes.
  • Klagtes bereik gereeld die sentrumbe-stuur (of almal wat daarna wil luister). Dit sluit in: Meer ruimtes vir senior burgers is nodig; die ouderdomsperk vir seniors moet opskuif na sewentig jaar; party motoriste parkeer waar hulle wil; dreigemente om oortreders te name en shame in allerlei skinder-kolomme op openbare media en in publikasies sonder invloed. Dit laat die bestuur van die sentrum in ’n situasie wat hulle dalk soms laat voel om geen toegewings te maak nie, behalwe aan gestremdes met wettige skyfies.

Veldtogte word jaarliks gehou om Jan Publiek bewus te maak van goeie padgebruike. Dit is moeilik om die impak hiervan te bepaal, omdat baie mense nie gepubliseerde resultate lees nie.

Hierdie soort optrede kom by allerlei sentrums landwyd voor. Die mees positiewe oplossing is waarskynlik ’n voortdurende beroep op motoriste se gesonde verstand, en algemene opvoeding.

Solank sommige motoriste hul eie padreëls definieer en toepas, sal probleme voortduur. Strenger wetgewing skyn dan die beste oplossing te wees.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
47% - 9817 votes
It's four more years for Trump
53% - 11022 votes
Vote
ZAR/USD
16.38
(-1.31)
ZAR/GBP
21.28
(-0.88)
ZAR/EUR
19.26
(-0.96)
ZAR/AUD
11.54
(-0.07)
ZAR/JPY
0.16
(-1.44)
Gold
1876.32
(-1.48)
Silver
23.35
(-3.87)
Platinum
870.00
(-0.47)
Brent Crude
41.09
(+1.96)
Palladium
2231.48
(-3.18)
All Share
52308.14
(-3.28)
Top 40
47930.58
(-3.29)
Financial 15
10026.43
(-4.54)
Industrial 25
72862.13
(-1.98)
Resource 10
48131.41
(-4.51)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo