‘Haai-bokser’ Fanning terug vir Jeffreys-Ope

SVerlede jaar tydens die Jeffreysbaai-Ope het die wêreld saam met Mick Fanning, ’n Australiese beroepsbranderplankryer, na hul asem gesnak toe ’n haai hom van agter gestamp het. Fanning se deelname aan vanjaar se Ope is deur die organiseerders van die JBay WinterFest bevestig. Foto: VERSKAF
SVerlede jaar tydens die Jeffreysbaai-Ope het die wêreld saam met Mick Fanning, ’n Australiese beroepsbranderplankryer, na hul asem gesnak toe ’n haai hom van agter gestamp het. Fanning se deelname aan vanjaar se Ope is deur die organiseerders van die JBay WinterFest bevestig. Foto: VERSKAF

DIE Australiese beroepsbranderplankryer wat verlede jaar ’n skramse ontmoeting met ’n haai by Jeffreysbaai gehad het, kom wéér aan die Jeffreysbaai-Ope deelneem.

Mick Fanning het die wêreld se aandag op dié Oos- Kaapse kusdorp gevestig toe hy ’n haai wat hom van sy branderplank gestamp het, ’n hou gegee het.

Fanning en Julian Wilson, sy medefinalis, is binne sekondes deur menseredders op waterponies opgepik en die 2015-Ope is onbeslis verklaar.

Hoewel Fanning kort ná die voorval oor sy “boks-ronde” met die haai geskerts het, het die werklikheid van die voorval hom ’n uur later verbysterd gelaat.

“As ek nooit weer hoef deel te neem nie, sal dit ook oukei wees,” het Fanning later daardie dag gesê.

Brenton Williams, ’n organiseerder van die Jeffreys Bay Winter Fest, het egter bevestig dat Fanning weer aan die Ope gaan deelneem. “Tensy hy [Fanning] op die laaste minuut onttrek,” het hy bygevoeg.

Williams meen buiten vir die helde-terugkeer van Fanning sal Steven Sawyer, ’n plaaslike branderryer, se deelname ook ’n hoogtepunt tydens die Ope wees.

Sawyer het die afgelope naweek kringe om Suid-Afrika se 24 top-branderplankryers gery en die loslootjie gewen om aan die Ope deel te neem.

“Ek is so opgewonde om teen van die wêreld se heel bestes deel te neem. Dit is sekerlik die beste ding wat kon gebeur!” het ’n oorstelpte Sawyer gesê.

Hoewel hy vermoed sy loslootjie beteken hy sal teen Matt Wilkinson, tans nommer een op die wêreldranglys, moet deelneem, kan hy nie wag vir die uitdaging nie.

“Om teen Matt meet te ding skrik my nie af nie. Ek hoop hy bring sy beste, want Jeffreys is my tuisdorp, ek ken die branders baie goed en ek gaan my alles gee.”

  • Die JBay WinterFest vind van 6 tot 17 Julie plaas.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 5412 votes
It's four more years for Trump
54% - 6430 votes
Vote
ZAR/USD
16.46
(+0.21)
ZAR/GBP
21.33
(+0.24)
ZAR/EUR
19.48
(-0.22)
ZAR/AUD
11.61
(+0.34)
ZAR/JPY
0.16
(+0.28)
Gold
1907.17
(+0.24)
Silver
24.62
(+5.30)
Platinum
872.00
(+2.22)
Brent Crude
42.85
(-0.67)
Palladium
2405.00
(+3.19)
All Share
55271.75
(+0.20)
Top 40
50851.62
(+0.22)
Financial 15
9956.35
(-0.22)
Industrial 25
75567.07
(+1.08)
Resource 10
53788.16
(-0.63)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo