Hoër wolpryse verlig droogte-druk

GOEIE nuus vir droogtegeteisterde wolboere is dat wolpryse op die jongste veiling hier met meer as 14% gespring het tot ’n rekord van R161,61/kg (skoonwol).

Die Cape Wools Merino-markaanwyser het met 2 016 punte geklim.

Die 14,3%-styging was die grootste verbetering van een veiling na ’n ander die afgelope vyf seisoene. Dit word toegeskryf aan sterk veilingsmededinging en die verswakkende rand.

Volgens Casper Labuschagne, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Oos-Kaap, sal hierdie styging ’n groot inpak op boere hê.

“Dit sal baie help om die koste te dek wat aangegaan is om die droogte te deurstaan. Veevoerpryse het skerp gestyg en voer het skaars geword. Tans moet jy bestellings vir voer twee weke vooruit plaas. Dieselfde geld slagvee – jy kan nie net met ’n vrag by die abattoir opdaag en dink hulle gaan geslag word nie.

“Die koelkamers hang vol karkasse. Daar is ’n geweldige vraag na goeie Merinowol. Hoe verder die rand verswak, hoe beter is dit vir die wolbedryf.”

In die tweede helfte van die seisoen is daar gewoonlik minder wol op die veilings en die mededinging onder die kopers kan dan sterker raak, sê Labuschagne.

Byna 99% van die 12 778 bale wol wat vandeesweek onder die hamer gekom het, is verkoop.

Op die Australiese mark het die aanwyser met 3,1% geklim.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 131 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 245 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 638 votes
Vote
ZAR/USD
15.24
(-0.07)
ZAR/GBP
20.33
(-0.13)
ZAR/EUR
18.24
(-0.06)
ZAR/AUD
11.26
(+0.05)
ZAR/JPY
0.15
(-0.27)
Gold
1769.25
(-0.95)
Silver
21.98
(-2.83)
Platinum
957.01
(-0.62)
Brent Crude
48.03
(0.00)
Palladium
2400.69
(-0.46)
All Share
57822.50
(-0.17)
Top 40
53021.58
(-0.12)
Financial 15
11577.71
(-0.58)
Industrial 25
79894.95
(-0.12)
Resource 10
52804.55
(+0.03)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo