Inwoners keelvol na nóg ’n ongeluk

NA nóg ’n ongeluk in Noorsekloofweg, dring inwoners nou daarop aan dat spoedbulte en verkeerstekens opgerig word om dié spoedvrate in hul spoor te stop.

’n Motor, met vier insittendes waarvan twee kinders was, het omstreeks 01:00 Maandagoggend byna deur ’n huismuur op die hoek van Noorsekloofweg en Seetuinstraat geploeg.

Volgens ’n ooggetuie het die bestuurder teen ’n hoë spoed om die draai gekom, beheer oor die voertuig verloor, oor die pad geswaai en slegs sentimeters voor ’n huismuur tot stilstand gekom. Niemand is ernstig in die onge-luk beseer nie.

Mens weet nooit wanneer ’n motor deur jou muur of huis gaan bars nie,” vertel ’n inwoner wat glo die probleem word al hoe erger. “Motoriste wat die straat gebruik verontagsaam die padreëls en oorskry die snelheidsgrens.”

Sy sê sy sukkel die afgelope paar jaar om die Kouga-munisipaliteit se aandag op dié pad gefokus te kry, ondanks petisies en vele klagtes.

“Daar is geen spoedbeheer-maatreëls nie. As ’n mens kyk na die aangrensende strate, sien jy wel ’n paar spoedbulte om spoed te be-heer.”

Volgens Kouga burgemeester, Elza van Lingen, het hulle die oprigting van spoedbulte in Noorsekloofweg ondersoek, maar is deur ingenieurs aangeraai om dit nie te doen nie as gevolg van die helling en die ontwerp van die straat.

“Ons Verkeersdepartement ondersoek tans alternatiewe veiligheidmaatreels wat geïmplementeer kan word. Dit sluit rommelstroke en spoedkameras in,” sê Van Lingen.

“Ons doen ’n beroep op motoriste om die spoedgrense te respekteer. Die grense is daar om jou, jou familie en al die ander padgebruikers veilig te hou.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 957 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1807 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 9952 votes
Vote
ZAR/USD
15.10
(+0.02)
ZAR/GBP
20.23
(-0.02)
ZAR/EUR
18.02
(-0.05)
ZAR/AUD
11.12
(+0.05)
ZAR/JPY
0.14
(-0.07)
Gold
1810.97
(+0.17)
Silver
23.42
(+0.37)
Platinum
968.00
(+0.97)
Brent Crude
48.73
(+1.57)
Palladium
2372.49
(+2.44)
All Share
57742.19
(-0.03)
Top 40
52940.79
(-0.20)
Financial 15
11641.10
(-0.29)
Industrial 25
79835.50
(-0.36)
Resource 10
52605.42
(+0.07)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo