JBay/Aston-pad wemel van nuus

’n Flink en nuwe skool-padpatrollie sien toe dat leerders die pad veilig oorsteek.                                        Foto: MARINDA HOUGH
’n Flink en nuwe skool-padpatrollie sien toe dat leerders die pad veilig oorsteek. Foto: MARINDA HOUGH

DIE pad tussen Jeffreysbaai en Astonbaai wemel van meer as een nuuswaardigheid.

Die goeie nuus is ‘n flink, nuwe skool-padpatrollie wat by die voetoorgang knap toesien dat leerders die pad veilig oorsteek, én dat motoriste op hul beurt ‘n slommervrye rit het.

Hulle is op hulle pos onder toesig van ’n pligsgetroue volwassene en regstoepasser - selfs in die motreën.

Agentskap en oplaaiplek

Dan is die pad soggens ‘n “werksoek-agentskap” en oplaaiplek van arbeiders, tuiswer-kers en so meer. Bakkies, motors en nutsvoertuie laai werkers vir ‘n vale op, terwyl rye werksoekers al langs die pad van Jeffreysbaai tot by die Marina Martinique-afdraai oophande na bo wys dat hul dienste beskikbaar is.

Soms belemmer dit die verkeersvloei, want dit swerm van die stop/ry-voertuie, onderwyl ander hulle werk toe haas.Kan die situasie meer ordelik geskied met ‘n sentrale oplaai-plek?

Daar is glo ook nie taxi’s tussen die twee gebiede nie; dus stap die wat nie rygeleentheid het nie, maar Astonbaai toe.

Kinders in gevaar

‘n Kommerwekkende neiging is dat kinders voor motors in die pad inspring en ronddans, of selfs wawiele maak, sê een besorgde motoris, wat dit twee keer in een week ervaar het.

As mens vir ‘n oomblik onbedag is, nie goeie remme het nie, of skrik, kan dit op ‘n onvermybare tragedie uitloop.” Daar is nie enige toesig oor selfs baie jong kinders wat die pad oorsteek of vlak teenaan die pad speel nie. En voetgangers loop of hardloop enige plek oor.”

Die gemeenskap behoort koppe bymekaar te sit met die gereg, skole, ouers en veiligheidsinstansies om ‘n oplossing te vind.

Oor die gesondheidsgevaar van losloop-diere en vullishope sê ‘n mens eerder niks.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 84 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
28% - 173 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
59% - 371 votes
Vote
ZAR/USD
15.25
(-0.09)
ZAR/GBP
20.29
(-0.13)
ZAR/EUR
18.23
(-0.10)
ZAR/AUD
11.25
(-0.23)
ZAR/JPY
0.15
(-0.04)
Gold
1787.51
(+0.09)
Silver
22.67
(+0.11)
Platinum
965.22
(+0.30)
Brent Crude
48.27
(+0.96)
Palladium
2413.01
(+0.60)
All Share
57822.50
(-0.17)
Top 40
53021.58
(-0.12)
Financial 15
11577.71
(-0.58)
Industrial 25
79894.95
(-0.12)
Resource 10
52804.55
(+0.03)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo