Jeffreysbaai-duifteler wen skou se spogprys

’n Norwich Kropper-duif van Renier Lee is op die 70ste nasionale kampionskapskou van die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging in Upington as die Suid-Afrikaanse grootkampioen aangewys.              Foto: MONIQUE BASSON
’n Norwich Kropper-duif van Renier Lee is op die 70ste nasionale kampionskapskou van die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging in Upington as die Suid-Afrikaanse grootkampioen aangewys. Foto: MONIQUE BASSON

’n Norwich Kropper-duif van Renier Lee (66) is onlangs op die 70ste nasionale kampionskapskou van die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging in Upington as die Suid-Afrikaanse grootkampioen aangewys.

Dit is die eerste keer dat ’n duifteler van Jeffreysbaai die gesogte prys wen. Lee, toe woonagtig in Krugersdorp, het in 1982 en 1988 ook die top-toekenning gewen.

Hy het jare lank die Kroppers-afdeling oorheers, en vir 20 jaar nie aan enige skou deelgeneem nie - tot nou toe. “Ek was ’n beoordeelaar by die skou, en het besluit om na twee dekades my Norwich Kropper-duif in te skryf. Dié duif het beslis haar baas verras,” sê die trotse eienaar.

Nagenoeg 1 600 duiwe van 80 rasse en 70 vertoners van oor die land is vir die skou ingeskryf.

Duiwe is geskou en beoordeel volgens die volgende adelings: elke ras skou teen homself, alhoewel daar onderafdelings is ten opsigte van die verskillende kleure in dieselfde klas. Duiwe is ook in elke klas onderverdeel in ou en jong duiwe. Nadat die onderskeie wenners in elke klas aangedui is, is die beste jong en ou duif uit elke klas geneem. Daarna het die duiwe teen mekaar vir die beste sewe toekennings op die skou meegding. Die algehele wenner word dan uit dié sewe duiwe aangewys.

Daar is hoofsaaklik daarop gelet of die duiwe in ’n spesifieke klas voldoen aan die standaarde soos neergelê in die vereniging se boek van standaarde wat weer ooreenstem met internasionale standaarde. Daar is ook seker gemaak die duiwe is netjies afgerond ten opsigte van veerkwaliteit en algemene kondisie.

Lee sê dit gaan oor die fynere kuns om te-ling te bemeester. “’n Duif moet geteel word dat hy aan alle rasstandaarde voldoen, hetsy sy tipe of in die kleure wat hy moet dra. ’n Wen-duif spog met lang bene, ’n fyn middel en ’n mooi krop. Tot die oë tel punte, en by sekere rasse word daar tot na die kleur van die toonnaels gekyk.”

Lee het 53 jaar gelede as laerskoolseun by die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging aan-gesluit en nog nooit weer teruggekyk nie. Vir die afgelope 40 jaar beoordeel hy SA Sierduif-kampioenskappe.

Lee huiwer nie om na ’n moeilike dag eers ’n draai by sy duiwehok te gaan maak nie, want duiwe het ’n kalmerende invloed op die mens, sê hy.

“Ek kan die stokperdjie baie sterk aanbeveel,” sê Lee wat sy duiwe vir niks ter wêreld sal ruil nie. “Duiwe verander die onstuimige gemoed of die moeilikste humeur in ’n oogwink na vrede en kalmte.

“Duiwe het ’n groot invloed op my persoonlikheid. Dit hou my nederig en beskeie - jy kan nie elke kompetisie wen nie. Verder het dit my mededeelsaamheid geleer. Telers moet duiwe onder mekaar uitruil vir teel-doeleindes, anders sal jy nooit ’n wen-duif kry nie.

“Dit is ’n stokperdjie vir die hele gesin,” sê hy.

  • Die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging is ’n nie-winsgewende organisasie wat ten doel het om die liefde vir en die versorging van die sierduif uit te bou. Vir meer inligting, besoek hul webtuiste www.safpa.za.org.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
47% - 8101 votes
It's four more years for Trump
53% - 9273 votes
Vote
ZAR/USD
16.26
(-0.27)
ZAR/GBP
21.23
(-0.32)
ZAR/EUR
19.20
(+0.04)
ZAR/AUD
11.59
(-0.26)
ZAR/JPY
0.16
(-0.08)
Gold
1902.45
(+0.23)
Silver
24.23
(-0.80)
Platinum
890.00
(-0.61)
Brent Crude
41.25
(0.00)
Palladium
2356.01
(-0.60)
All Share
55079.08
(-0.47)
Top 40
50450.54
(-0.48)
Financial 15
10700.43
(-0.84)
Industrial 25
74656.05
(-0.33)
Resource 10
52282.72
(-0.53)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo