Jeffreysbaai-vrou gebroke na skuts katte afmaai

Die afgelope maande het ’n nagmerrie ontvou waar Cassandra Camons se katte een na die ander “verdwyn”. Die raaisel is opgelos toe die laaste een bebloed met ’n koeël in die nek op haar huisstoep gevind is. Dit blyk dat ’n gevoellose hater die katte koelbloedig skiet en laat hulle dan verdwyn.         Foto:VERSKAF
Die afgelope maande het ’n nagmerrie ontvou waar Cassandra Camons se katte een na die ander “verdwyn”. Die raaisel is opgelos toe die laaste een bebloed met ’n koeël in die nek op haar huisstoep gevind is. Dit blyk dat ’n gevoellose hater die katte koelbloedig skiet en laat hulle dan verdwyn. Foto:VERSKAF

VERVOLG VAN BLADSY 1

Oorleef

Camons frons: “My vierde kat is na ontbyt enkele Sondae gelede skielik soek.”

Na middagete vind sy hom op haar stoep – opgefrommel, bloeiend met ’n gat in die gorrel. Hy is geskiet, maar die koeël het die identifikasie-stafie getref, deur die nek gedring en daar vasgesit.

Die vindingryke en vrygewige veearts kon die kat deurhaal, maar dit kos Camons steeds R3 500.

“Toe die kat oorleef, was ons so opgewonde oor die bewyse. Nou het ons als,” sê sy.

Een is dadelik na die hof toe om met ’n staatsaanklaer te konsulteer. Teleurstelling. Die “bewyse” lewer niks op nie.

Volgens die regsgeleerde kan ’n windbuks-koeël nie forensies getoets word nie, en slegs bewyse van ‘n ooggetuie kan tot vervolging lei.

Selfs die vermeende hardeware-koper kon maklik weens frustrasie van katte-uitsorteer gepraat het, maar dit help nie met vervolging nie.

Die vroue se verbasing is tasbaar: “Ons kon nie glo niks kan wetlik gedoen word nie! Al het ons ‘n verdagte, die katte wat verdwyn het, die beseerde dier, die koeël, die reuse on-koste . . . Na alles, is daar geen vergelding nie.”

Camons is hartseer: “Kan jy nie na jou bure toe gaan en sê as hul diere jou steur nie? Waarom so iets doen? Dit is tragies dat iemand my ‘kinders’ skiet, sonder om my bloot te sê die katte pla. Ek sou planmaak.”

Diere in nood

Kruger praat saam. “Ek is woedend oor die sinnelose misbruik en moord op diere,” sê sy op haar passievolle manier. “Hulle is weerloos en slagoffers wat nie hulself kan verweer nie. Soos in die geval van die katskietery. Ons moet optree.”

Diere is haar hartsaak, en sy is nou betrokke vanweë haar welsprekendheid en sigbaarheid in die gemeenskap.

Sy het die portfolio by die Kouga-munisipaliteit as komiteelid: Stray Animals Ward 11. Net Wyk 11 het die portfolio, maar “hoe sê mens ‘nee’ as iemand uit ‘n ander wyk hulp of kos vir hul diere vra?

“Dit word oorweldigend as die aanvraag bo die werkbeskrywing uitstyg. Elkeen het die verantwoordelikheid om die weerloses te help.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6721 votes
It's four more years for Trump
54% - 7822 votes
Vote
ZAR/USD
16.21
(+0.76)
ZAR/GBP
21.21
(+1.09)
ZAR/EUR
19.18
(+0.93)
ZAR/AUD
11.52
(+0.70)
ZAR/JPY
0.15
(+0.92)
Gold
1900.89
(-1.06)
Silver
24.57
(-1.48)
Platinum
877.51
(-0.54)
Brent Crude
42.06
(-3.35)
Palladium
2389.99
(+0.28)
All Share
54796.42
(-0.99)
Top 40
50276.84
(-1.23)
Financial 15
10376.28
(+2.34)
Industrial 25
74130.97
(-0.60)
Resource 10
52819.20
(-2.99)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo