Kindersorg op randjie van afgrond

“ONS is raadop. Ons weet nie meer watter kant toe nie. Ons staan op die randjie van ’n afgrond en sal binnekort ons deure moet sluit indien die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling wéér nie betaal nie.”

So sê Delene Ritter, voorsitter van Kindersorg Suid-Afrika Humansdorp.

Reeds weerlose kinders kan verder ly onder wanbetaling en burokratiese rompslomp wat Kindersorg Humansdorp op hul knieë mag dwing.

Kindersorg is in ’n oorlewingstryd gewikkel nadat die departement weereens nie staatsubsidies betaal het nie.

Dit volg kort op die hakke van die laat betaling van die eerste kwartaal. Dié welsynorganisasie wat reeds sedert 1942 bestaan, het dié subsidie vir April, Mei en Junie eers onlangs ontvang. Dít ná hulle R250 000 moes leen, om kop bo water te hou.

Hul reserwegeld is lankal op en die organisasie oorweeg dit nou om van hul erwe te verkoop om broodnodige fondse te bekom. Dit was die hoop om ’n nasorgprojek op van die erwe op die been te bring.

Dit is nie die eerste keer dat verskeie maatskaplike werkers onseker is of hulle hul salarisse gaan ontvang nie.

Volgens Ritter, word die krisis toegeskryf aan die departement se wanbetaling van subsidies en administratiewe sloer-tegnieke. “Subsidies word meestal laat betaal of glad nie ontvang nie,” sê sy. “Die subsidie vir Julie is nog nie betaal nie.

“Ons het al verskeie skrywes aan die departement gerig, maar sonder enige resultate. Hoegenaamd geen kommunikasie word van die departement ontvang nie. Geen telefoon-oproepe of eposse word beantwoord nie.”

Volgens Ritter weet hulle nie waarvandaan geld vir salarisse vir personeellede gaan kom nie. Daar is ook geen geld beskikbaar om rekeninge vir basiese dienste soos elektrisiteit- en watervoorsiening te betaal nie. Die telefoonrekening is ook ’n probleem. Dié is hulpbronne waarsonder hulle nie hul werk kan doen nie.

Van hul belangrike programme kan nie gefinansier word nie. Dit bring onder meer hul nasorgprojek en sopkombuis in die gedrang.

Ritter sê hul maandelikse uitgawes beloop tussen R50 000 en R60 000.

“As die departement nie sy verpligtinge nakom nie, wat gaan van die weerlose kinders in ons sorg word?

“Dit is vir ons onmoontlik om die gemeenskaplike doel te verwesenlik as die departement nie wakker word nie. Regte van die kinders word tans bedreig as gevolg van departementele wanpraktyke. Die kinders is die groot verloorders.

“Ons pleit dat die departement dringend ingryp en ondersoek instel.”

Kindersorg Humansdorp

Kindersorg Humansdorp het ’n personeeltal van sewe wat ’n professionele oog oor 200 kinders in pleegsorg hou. Verder lewer hulle voorkomings- en statutêre dienste aan nagenoeg 200 tot 300 gesinne in Moerasrivier, Graslaagte, Arcadia, Johnson’s Ridge, Clarkson en omliggende plase.

Benewens die geregistreerde gevalle, is daar maandeliks nagenoeg 60 nuwe korttermyn gevalle.

Die organisasie is die dryfkrag agter die Thokomala Pleeghuis in Johnsons Ridge, ’n nasorgprojek vir 60 leerders, ’n sopkombuis, en terug-skool-toe en vakansieprogramme.

Vir meer inligting, skakel Kindersorg Humansdorp by 042 295 2880.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 94 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
26% - 183 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
61% - 428 votes
Vote
ZAR/USD
15.25
(-0.09)
ZAR/GBP
20.29
(-0.13)
ZAR/EUR
18.23
(-0.10)
ZAR/AUD
11.25
(-0.23)
ZAR/JPY
0.15
(-0.04)
Gold
1787.51
(+0.09)
Silver
22.67
(+0.11)
Platinum
965.22
(+0.30)
Brent Crude
48.27
(+0.96)
Palladium
2413.01
(+0.60)
All Share
57822.50
(-0.17)
Top 40
53021.58
(-0.12)
Financial 15
11577.71
(-0.58)
Industrial 25
79894.95
(-0.12)
Resource 10
52804.55
(+0.03)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo