Kom vier fees in die Gamtoosvallei

Die gewilde Gamtoos Sitrus Ekspo, voorheen bekend as die Sitrusfees, vind op 25 en 26 Augustus by die Laerskool Gamtoosvallei in Patensie plaas.Die ekspo is dié bymekaarkomplek vir ’n ieder en elk wat in landbou-toerusting, landbouprodukte, tegnologie en nuwe navorsing belangste.                                                                   Foto’s:VERSKAF
Die gewilde Gamtoos Sitrus Ekspo, voorheen bekend as die Sitrusfees, vind op 25 en 26 Augustus by die Laerskool Gamtoosvallei in Patensie plaas.Die ekspo is dié bymekaarkomplek vir ’n ieder en elk wat in landbou-toerusting, landbouprodukte, tegnologie en nuwe navorsing belangste. Foto’s:VERSKAF

LUS vir ’n gróót kuier?

Trek jou stapskoene aan, sit jou feeshoed op en kuier volgende naweek in Patensie met sy uitstrek-boorde.

Hier word sitrusvrugte verbou, en gevolglik die gewilde Gamtoos Sitrus Ekspo (voorheen die Sitrusfees) op 25 en 26 Augustus by die Laerskool Gamtoosvallei in Patensie gehou.

Die ekspo is dié bymekaarkomplek vir elkeen wat in landboutoerusting, landbouprodukte, -tegnologie en nuwe navorsing belangstel. Die vernaamste trekkerhandelaars, motorhandelaars, verskaffers van die nuutste landboutegnologie en agente van werktuie vir sitrus, groente en verwante landboubedrywighede sal hul ware uitstal en demonstreer.

Buitelug en 4-trekvoertuig aktiwiteite sal deur uitstallings en tentoonstellings beklemtoon en toegelig word.

Die plaasmark lok besoekers met vars groente en vrugte, lekkernye en ware van die Oos- Kaapse plase. Besoekers kan hier na hartelus proe en koop.

Moeg geloop? Daar is ‘n trekker met ’n sleepwa om jou verder te vervoer. Danie Malan, sitrusboer van Patensie, gaan oudergewoonte sy gewilde sitrusboordtoere aanbied.

Vir die honger magies is daar boereworsrolle, hamburgers, pannekoek, bees-en koedoekerrie en lekkernye. Tussendeur kan besoekers gesellig in die skaduryke teetent kuier, terwyl die kleingoed baljaar.

Program

Die Vrydag om 15:00 gaan die stoom trek en potte prut wanneer Kouga se jong kokke hul slag tydens die ATKV Klein Kokkedoortjie wys.

Die dag word met ’n heerlike spitbraai en gin bar afgesluit.

Die ekspo skop die Saterdagoggendom 08:30 met ’n ontbyt af.

Die hoof van inligting en bemarking by FNB se afdeling vir Landbousake, Dawie Maree, gaan ’n interessante blik bied in die ‘kristalbal’ oor wat in landbou verwag kan word.

Myan Subrayan - skrywer, motiveringspreker en lewensafrigter - sal ontbyt-eters met waardevolle pitkos laat.

Die Klikkerland-bende, oftewel Huppel Hoepel, Boebel Babbel, Woepel Wappel, Rimmel Rammel, Tink Tinkie en Liela Loela, kuier op 26 Augustus om 12nm by die ekspo.

Moet nie van die rugby en mini-krieket aksie vergeet nie.

Die feeshekke open om 12:00 op 25 Augustus. Toegang kos R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.

Feesgangers kan die Saterdag vanaf 08:00 lemoene en vermaak by die dosyne geniet. Toegang kos R40 vir volwassenes en R10 vir kinders.

Vir meer inligting, skakel 083 556 3206 of stuur ’n epos na sitrusekspo@gamtoos.co.za.

Besoek die feeswebwerf by www.gamtoos.co.za.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 209 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 372 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 982 votes
Vote
ZAR/USD
15.45
(-1.47)
ZAR/GBP
20.61
(-1.49)
ZAR/EUR
18.44
(-1.16)
ZAR/AUD
11.35
(-0.74)
ZAR/JPY
0.15
(-1.20)
Gold
1776.65
(-0.54)
Silver
22.60
(-0.10)
Platinum
962.50
(+0.06)
Brent Crude
47.90
(0.00)
Palladium
2364.69
(-1.94)
All Share
57091.89
(-1.26)
Top 40
52375.50
(-1.22)
Financial 15
11158.56
(-3.62)
Industrial 25
78965.65
(-1.16)
Resource 10
52703.42
(-0.19)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo