Kouga bly leeg, al kry opvangsgebied reën

HOEWEL daar reën geval het in die opvanggebied van die byna leë Kougadam (die waterbron vir sitrus- en groenteboere in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap), het daar geen afloopwater in die dam beland nie.

Die dam was Maandag slegs 14,22% vol, het Pierre Joubert, uitvoerende hoof van die Gamtoos-besproeiingsraad gesê, en bygevoeg dat die naweek se reën oor die gebied nie voldoende was om afloopwater na die dam te verseker nie.

Sitrusproduksie in die Gamtoosvallei sorg vir van die grootste uitvoere van sitrus na die buiteland, terwyl dit ook as die groentespens van die Oos-Kaap bekendstaan.

Tans voer boere in die vallei ’n stryd om oorlewing, omdat die jaarlikse watertoekenning vir die 2017-’18-waterjaar met 60% gesny is weens die voortslepende droogte.

Die waterjaar het op 1 Julie begin.

Volgens Joubert sou die normale jaarlikse toekenning aan produsente 8 000 kubieke meter per hektaar beloop het. Omdat die toekenning nou slegs 40% is, kry hulle net 3 200 kubieke meter per hektaar vir dié waterjaar.

“Die departement van waterwese het die toekenning gegrond op ’n aanname dat daar geen water die Kougadam binnevloei nie, maar daar is altyd regdeur die jaar water wat invloei,” het Joubert gesê.

Tot dusver vaar die besproeiers goed met die aanwending van die veel minder water. Ons het met die aankondiging van die streng waterbeperking ’n dringende beroep op waterverbruikers gedoen om die water egalig deur die jaar te versprei, anders kan die toekenning sommer vroeg in die waterjaar opgebruik wees.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
55% - 3658 votes
Yes, at work
17% - 1153 votes
No, I've never experienced this
27% - 1824 votes
Vote
USD/ZAR
14.26
(-0.3)
GBP/ZAR
19.85
(-0.4)
EUR/ZAR
17.16
(-0.4)
AUD/ZAR
11.05
(+0.0)
JPY/ZAR
0.13
(-0.3)
Gold
1,794.40
(+0.9)
Silver
26.57
(+2.8)
Platinum
1,218.50
(+2.5)
Brent Crude
66.57
(-0.7)
Palladium
2,882.01
(+4.3)
All Share
67,146
(+0.5)
Top 40
61,399
(+0.5)
Financial 15
12,126
(-0.3)
Industrial 25
86,735
(+0.3)
Resource 10
69,254
(+1.0)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo