Kouga-munisipaliteit skors drie

=Die voetpad deur fynbos na die kloof waar Koffiedrinker lê.                                               Foto: mariska spoormaker
=Die voetpad deur fynbos na die kloof waar Koffiedrinker lê. Foto: mariska spoormaker

’n Munisipale direkteur en nog twee amptenare van die Kouga-munisipaliteit is geskors.

Mfundo Sobele, munisipale woordvoerder, het Dinsdag bevestig Thobeka Tom, direkteur van administrasie, monitering en evaluering, Marius Gysman en Bradley Faulkner is geskors.

Sobele wou egter nie enige redes verskaf vir die skorsing nie.

“As ’n reël en ’n saak van beginsel kan ek nie die besonderhede óf meriete van só ’n saak bekend maak nie aangesien dit die werkgewer en die betrokke werknemers kan benadeel,” het Sobele gesê. Hy wou ook nie bevestig of die skorsing verband hou met ’n grondtransaksie met een van die grootste werkverskaffers in Kouga wat nou betwis word nie.

Die Burger het by ’n betroubare bron verneem die amptenare word glo betrek by ’n transaksie waarin munisipale grond na bewering onregmatig en teen ’n verlaagde prys aan Woodlands Dairy in Humansdorp verkoop sou word. Dit is onbekend of die erf voorheen as te koop geadverteer is, maar volgens die bron is die erf onlangs ontbos.

By navraag het Lex Gutsche, voorsitter en uitvoerende hoof van Woodlands Dairy,gesê hy kan geen kommentaar op die optrede van die munisipale amptenare lewer nie. “Ons het egter ’n heeltemal wettig ondertekende verkoopsooreenkoms, wat die munisipaliteit nou betwis,” het Gutsche gesê.

Regstappe is deur Gutsche gedoen om die munisipaliteit deur die hof te probeer dwing om die grond aan Woodlands Dairy oor te dra. “Die saak is tans nog in die hof, en ek kan dus nie verdere kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

Die Burger het ook verneem Sidney Fadi, munisipale bestuurder van die Kouga-munisipaliteit, se betrokkenheid by die verkoop van die betrokke erf is onder die soeklig. Maar Sobele het gesê die munisipaliteit het tans geen saak teen Fadi nie en ook geen rede om te glo dat daar enige saak sal wees nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4126 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 3815 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 411 votes
Vote
USD/ZAR
14.05
0.0%
GBP/ZAR
19.67
0.0%
EUR/ZAR
17.10
0.0%
AUD/ZAR
11.03
0.0%
JPY/ZAR
0.13
0.0%
Gold
1,831.32
0.0%
Silver
27.45
0.0%
Palladium
2,929.64
0.0%
Platinum
1,256.50
0.0%
Brent Crude
68.28
+0.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo