Man spring nie van brug af toe hy kruis sien

Die Van Stadensbrug met die wit kruis wat daarnaby opgerig is.   Foto:MARISKA SPOORMAKER
Die Van Stadensbrug met die wit kruis wat daarnaby opgerig is. Foto:MARISKA SPOORMAKER

Die massiewe wit kruis wat op ’n heuwel naby die berugte Van Stadensbrug in die Oos-Kaap opgerig is, het glo ’n man op Valentynsdag daarvan weerhou om sy eie lewe te neem.

Past. Allan Verreynne van Port Elizabeth het Maandag gesê die man wou glo van die brug af spring, maar toe hy die kruis sien, het hy besluit dit is nie wat God se plan vir hom is nie.

Beamptes van die Thornhill-polisiekantoor het hom op die brug aangetref en gevra of hulle iemand kan bel. Hy het Verreynne se naam verskaf.

“Ek ken die man se agtergrond. Sy omstandighede het vir ’n oomblik net té veel geword.

“Maar prys die Here dat hy die kruis en die groter betekenis daaragter raakgesien het. Daar is altyd hoop, net soos die kruis ’n teken van hoop is,” het Verreynne gesê.

Die kruis, wat ook as die Kruis van Hoop bekend staan, is in 2013 op ’n heuwel naby die brug opgerig.

Robbie Hift, die projekkoördineerder vir die bou van dié kruis, skryf in sy boek, Will You Build Me a Cross?, dat hy ’n stem gehoor vra het: “Sal jy vir my die grootste kruis wat jy al gesien het by Van Stadensbrug bou?”

Hy het geantwoord: “Ja, Here, ek sal dit doen.”

Ten tyde van sy visie het 88 mense in twee dekades reeds van die brug na hul dood gespring.

Die afgelope Valentynsdag het die kruis sy doel gedien.

Volgens Verreynne is dié kruis ook spesifiek daar om persone selfs net in die verbygaan nuwe hoop te gee.

Hy het gesê die man wat danksy die kruis by die brug omgedraai het, besef nou dat daar vir hom en sy probleme hoop is.

“Ons het daardie dag ’n goeie 45 minute lank gepraat. Hy het tot die besef gekom dat hy dinge net sou vererger as hy sy eie lewe geneem het.

“Vandag (Maandag) gaan dit veel beter met hom.

Hy sien kans vir die toekoms en het hoop dat sy planne gaan uitwerk.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 4936 votes
It's four more years for Trump
54% - 5836 votes
Vote
ZAR/USD
16.50
(+0.04)
ZAR/GBP
21.36
(+0.12)
ZAR/EUR
19.43
(+0.03)
ZAR/AUD
11.62
(+0.21)
ZAR/JPY
0.16
(+0.16)
Gold
1900.66
(-0.10)
Silver
24.37
(+4.22)
Platinum
853.00
(0.00)
Brent Crude
42.85
(-0.67)
Palladium
2339.01
(+0.86)
All Share
54953.67
(-0.38)
Top 40
50544.82
(-0.39)
Financial 15
9900.67
(-0.77)
Industrial 25
75330.36
(+0.76)
Resource 10
53254.29
(-1.62)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo