Ontmoet vir Paul Sieberhagen

Paul Sieberhagen. Foto: JANNIE HOUGH
Paul Sieberhagen. Foto: JANNIE HOUGH

HY is vanjaar 81, maar as jy Eskom by hom kan inprop, sal daar nie weer enige kragonderbrekings wees nie.

Hy is Paul Sieberhagen, seun van Frazerburg, geskool in Carnarvon, die Leërgimnasium en Leërkollege in Pretoria, en die Militêre Akademie in Saldanha. Daarna word hy stuurman van die groot passasiersboot tussen Kaapstad en Robbeneiland. Toe verloor Suid-Afrika ‘n goeie militaris, want die swotgogga byt hom en hy skryf in as student by die Universiteit van Potchefstroom.

Bloot studeer, is nie in sy aard nie, en waar sy talente gebruik kon word, daar was hy betrokke. Kaptein wat kadetoffisiere oplei. La-ter, in die kommando, het hy tot majoor gevorder. Landloop. Kuns- en Kultuurvoorsitter. Afrigter van die skietspan. Onder-redakteur van die studentekoerant. Redaksie van die Jaarblad. Primarius van sy koshuis, die befaamde Tempels. Organiseerder van toneelkompetisies. Raad van Openbare Aktiwiteite. Fotografiese Vereniging. Darem nié op die Dameskomitee nie! Besig. Besig.

Toe hy vier jaar later met BA, HOD as Eng-els-onderwyser begin, studeer hy verder en behaal BEd. Hy gee onderwys by vyf hoërskole voor hy onderhoof word by Barrydale gekombineerde skool. Toe volg hoofskap van Mafikeng Hoërskool vir nege jaar. Ná Brandwag- en Strelitzia-skole tree hy in 1995 kastig af. Daarna gee hy Engels by verskeie skole, waaronder Nico Malan in Humansdorp.

Maar dit het nie by skoolhou gebly nie. Hy was nasiener van Matriekvraestelle vir Engels 1ste en 2de taal, eksaminator en moderator. Intussen dien hy ook op die hoofbestuur van die SAOU.

Sy sewentigs was geen probleem nie. Hy en Manie van der Merwe bou ‘n treinfiets en ry op en af met die ongebruikte treinspoor naby Jeffreysbaai. Hy klim die Coxcomb-, Klipfontein, Lady Slipper, Joubertina- en Formosa-pieke. Saam met sy seun seil hy ‘n dubbelromp-katamaran in die Algoa Endura Race, en op sy eie in selfgeboude bote op die JBaai lagune. Hy doen vir jare die halfmarathon. Ná 2010 doen hy die Mentors-15 km.

Hy het Zimbabwe besoek, Mosambiek, Angola, Nieu-Zeeland, Australië, en by die eilande bo Kiwiland verbygevaar. Hy het die Visrivier-canyon kafgedraf, Fanie Botha-wandelpad, die Otter-wandelpad.

Hy is ‘n mense-mens, glo “leef en laat leef.” Hy sê hy sou ernstiger gestudeer het as hy sy lewe kon oorhê. Hy hardloop nog elke more, sweis en lees en skryf en publiseer. En lees, lees. Wyd. Hy bewonder Herman Charles Bosman. As stigterslid van die Vriende van die Biblioteek wat in 1999 begin het, het hy meegewerk om R350 000 in te samel.

Sy swakhede? Hy swyg. Soek hy of kies hy? Die deurwinterde blou oë flits tergend: “Wo-men’s faults are many; men have only few: everthing they say, and everything they do.”

  • En by al die briljant

Bleibst du im ewigen auch leben, Paul.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 5954 votes
It's four more years for Trump
54% - 7012 votes
Vote
ZAR/USD
16.33
(+0.67)
ZAR/GBP
21.37
(-0.29)
ZAR/EUR
19.37
(+0.46)
ZAR/AUD
11.59
(+0.07)
ZAR/JPY
0.16
(-0.00)
Gold
1922.30
(+0.64)
Silver
25.08
(+1.42)
Platinum
888.00
(+1.95)
Brent Crude
43.05
(+1.28)
Palladium
2393.01
(+0.53)
All Share
55333.67
(+0.11)
Top 40
50895.66
(+0.09)
Financial 15
10063.04
(+1.07)
Industrial 25
75057.62
(-0.67)
Resource 10
54147.38
(+0.67)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo