Rampplan in St. Francisbaai verfyn

Rolspelers van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit het verlede week in St. Francisbaai opleiding vir ’n geïntegreerde ramp-bevelstelsel (ICS) ontvang. Die ICS is ’n kommunikasiebestuursplan om verskeie departemente tydens ’n ramp te organiseer.
Rolspelers van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit het verlede week in St. Francisbaai opleiding vir ’n geïntegreerde ramp-bevelstelsel (ICS) ontvang. Die ICS is ’n kommunikasiebestuursplan om verskeie departemente tydens ’n ramp te organiseer.

IN dieselfde week wat St. Francisbaai se verwoestende brande van drie jaar gelede ont-hou word, is opleiding vir ’n geïntegreerde rampplan in dié kusdorp deur rolspelers implementeer.

Verede week het rolspelers vanuit verskeie oorde van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit vyf dae lank opleiding ontvang sodat enige moontlike toekomstige ramp as ’n eenheid aangepak kan word.

“Beplanning vóór ’n ramp is meer effektief as planne wat tydens ’n ramp rondgeslin-ger word,” sê Matt Marell van die Oos-Kaapse Oorkoepelende Brandbeskermingsvereniging (ECUFPA). Marell en die vereniging is die implementeringsagent wat die geïntegreerde ramp-bevelstelsel (ICS) vir die Oos-Kaap dryf.

“Ons doen nie net voorbereiding vir wanneer ’n brand uitbreek nie, soos die wat drie jaar gelede hier meer as 70 huise langs die kanaal verwoes het. Dié soort kommunikasiebeplanning is ook belangrik vir enige ander soort ramp. Met ICS weet elke departement presies wat om wanneer te doen, sonder om op mekaar se tone te trap,” sê Marell.

Die ICS-inisiatief help die betrokke departemente wat plaaslike regering, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Parke- en Toerismeraad, Transnet, Sanral en private boere insluit, om hul rol in ramptye te verstaan. Die rolspelers is as deel van die opleiding verskeie situasies voorgelê waarvolgens hulle ’n effektiewe kommunikasiebestuursplan moes uitwerk.

Om die doel van dié kommunikasiebeplanning in perspektief te stel, is Ron Spadafora, hoof van die Brandvoorkomingseenheid vir New York, VSA ingebring om sy ervaringe tydens die 9/11-aanvalle en die orkaan Katrina te deel.

“Voor 9/11 het ons brandbestryders grootliks op korttermynplanne gewerk, want dit was ’n in-en-uit-werk.

“Maar met 9/11 was ons vir sewe maande besig, en dit het baie vinnig duidelik geraak dat ons meer as net brandbestryders nodig het om die toneel op te ruim.

“Ná 9/11 het ons ICS-opleiding gekry. Vandag help dit ons om ’n ramptoneel soos dié van orkaan Katrina vinnig onder beheer te bring en op te ruim. Omdat die ICS so effektief is, gebruik ons die protokol deesdae vir groot sportbyeenkomste,” sê Spadafora.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As South Africa faces down the third Covid-19 wave, how are you keeping your family safe ?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Staying at home, isolating and being careful
14% - 74 votes
Sanitising and wearing masks when we go out
73% - 383 votes
Going on as usual, we're not afraid of the virus
13% - 69 votes
Vote
Rand - Dollar
14.12
+0.1%
Rand - Pound
19.87
-0.1%
Rand - Euro
17.11
-0.4%
Rand - Aus dollar
10.93
-0.3%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Gold
1,835.48
+0.5%
Silver
27.25
+0.6%
Palladium
2,902.36
+1.3%
Platinum
1,229.00
+1.5%
Brent Crude
67.05
-3.3%
Top 40
60,460
+0.4%
All Share
66,479
+0.5%
Resource 10
69,066
-0.6%
Industrial 25
83,301
+1.0%
Financial 15
12,664
+1.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo