Riool borrel huis binne

Honderde liters rou riool het op 14 Mei opgestoot na die munisipaliteit die rioolpype in die gebied kom skoonspuit het, en oor die toilet begin stroom - die eerste keer in 10 jaar. Hier wys Pellsrus-inwoner Cornelius Kock (71) van Galjoenstraat, hoe hoog die rioolwater gelê het.                                   Foto:MONIQUE BASSON
Honderde liters rou riool het op 14 Mei opgestoot na die munisipaliteit die rioolpype in die gebied kom skoonspuit het, en oor die toilet begin stroom - die eerste keer in 10 jaar. Hier wys Pellsrus-inwoner Cornelius Kock (71) van Galjoenstraat, hoe hoog die rioolwater gelê het. Foto:MONIQUE BASSON

BEJAARDE Pellsrus-inwo-ners vra om hulp van die Kouga-munisipaliteit na ri-ool-skade van duisende Rand - reeds vyf maande terug.

Maar al hul pleitdooie val glo op dowe ore.

Eienaar Cornelius Kock (71) sê: “Honderde liters rou riool het op 14 Mei opgestoot, na die munisipaliteit die rioolpype in die gebied kom skoonspuit het, en oor die toilet begin stroom - die eerste keer in 10 jaar.

“My vrou, Sarie (68), wat alleen by die huis was, het alles probeer om die gemors te keer, maar dit was tervegeefs. Binne minute was die rioolwater regdeur die een vertrek - nagenoeg 40cm hoog.

“Gelukkig het dit nie na die res van die huis oorgeloop nie.”

Volgens Cornelius, moes Sarie al dié rioolwater met ’n emmer uitskep. “Haar bors gee tot vandag toe nog moeilikheid.”

Duisende rande se skade is aangerig: waterskade teen die mure, teëls het opgelig, meubels en beddegoed is beskadig, en klere en skoene moet vervang word.

“Ons het dieselfde dag die pro-bleem onder die plaaslike munisipaliteit se aandag gebring.

“Behalwe vir ontsmettingsmiddels meer as ’n maand later, het hulle ons nog geen vergoeding aangebied of besoek nie.

“Ons kan dit nie hier laat nie, ons móét vir die skade vergoed word.”

Gemeenskapsdienste portefeulje raadslid, Daniel Benson, sê: “Ons is baie jammer om van Cornelius se lot te hoor.

“Sy aanvanklike eis is deur die munisipaliteit se versekeringsmaatskappy verwerp omdat sy huis nie die vereiste oorloop-verligting-sluis in plek gehad het nie - soos volgens die goedgekeurde bouplan.

“Indien die sluis in plek was, sou die riool nie in die huis opgestoot het nie.

“Daar is egter ander faktore wat ook in ag geneem moet word en ons sal die betrokke beamptes opdrag gee om die saak weer te ondersoek.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
10% - 20 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
22% - 45 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
68% - 136 votes
Vote
ZAR/USD
15.16
(+0.33)
ZAR/GBP
20.26
(+0.24)
ZAR/EUR
18.08
(+0.22)
ZAR/AUD
11.19
(-0.01)
ZAR/JPY
0.15
(+0.11)
Gold
1809.28
(+0.00)
Silver
23.29
(+0.42)
Platinum
962.00
(+0.39)
Brent Crude
47.75
(-1.52)
Palladium
2387.00
(+1.33)
All Share
58078.18
(+0.27)
Top 40
53242.40
(+0.30)
Financial 15
11885.40
(+2.06)
Industrial 25
80121.33
(+0.16)
Resource 10
52566.78
(-0.42)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo