Sewende Dag Adventiste bid vir reën

DIE Sewende Dag Adventiste-Beweging se vier streekgemeentes in die Afrikaanse Distrik in die grense van Port Elizabeth het op Saterdag, 23 Januarie tydens Sabbat, ‘n spesiale biddag vir reën vir die hele Suid-Afrika gehou.

Die vier gemeentes is Port Elizabeth-Wes, Uitenhage, Rosedale en Jeffreysbaai. Die kinders het ook aan die geleentheid deelgeneem.

Vir diè gebedsgeleentheid het Jeffreysbaai-gemeente die skrif uit die Bybel gebruik: 2 Kronieke 7:13-15 - As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die springkaan beveel om die land af te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.

Daar is nie slegs om reën gebid nie, maar die Here is ook bedank vir die reën wat reeds in die land gegee is en ook vir die reën wat Hy nog gaan stuur.

Reeds op Saterdagaand het reën wyd oor die Oos-Kaap geval - van Port Elizabeth tot by Joubertina. Elliot het 36mm, Port Alfred 101mm, Somerset-Oos 39mm, Barkly-Oos 57mm en Klipplaat 105mm ontvang.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4978 votes
Yes, but social media is part of the new reality
45% - 4590 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 522 votes
Vote
USD/ZAR
14.05
-0.1%
GBP/ZAR
19.84
+0.8%
EUR/ZAR
17.05
-0.3%
AUD/ZAR
11.01
-0.4%
JPY/ZAR
0.13
-0.3%
Gold
1,836.17
+0.3%
Silver
27.31
-0.5%
Palladium
2,958.47
+1.0%
Platinum
1,250.27
-0.5%
Brent Crude
68.28
+0.3%
Top 40
62,389
-0.3%
All Share
68,377
-0.2%
Resource 10
72,112
+0.9%
Industrial 25
85,665
-1.4%
Financial 15
12,740
+0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo