Skote Petoors, in die kol

SKOTE Petoors!

Top-skuts van regoor die Oos en Wes-Kaap korrel eersdaags vir die Langkloof om mededingers met hul skietvernuf op die neus te laat kyk.

Die 17de jaarlikse Langkloof Appelskiet-kompetisie, aangebied deur die Langkloof Skietklub in samewerking met Wenkem SA, vind op 26 Augustus by die Langkloof Skietbaan net buite Joubertina plaas.

Skuts kan in verskillende afdelings deelneem: senior, junior, ope en vroue.

Wicus Linde, sekretaris van die klub, sê: “Die kompetisie bestaan uit 900 punte en daar word vanuit verskillende posisies geskiet: sit, staan, dooierus en lê. “Elke skuts skiet vyf rondtes na sy gemerkte teikens. Elke baan is uniek uitgesit en daar is verskillende tipe teikens wat wissel van ’n appel op ’n riet, teikens met diere op, soos hulle in die natuur voorkom, valplate, ’n vlakvark op ’n kabel en ’n springbok met twee balonne.

“Wat die verskillende bane interessant maak, is dat niemand die afstande van die teikens ken nie en niemand mag die afstande met ’n range finder bepaal nie. Al die teikens word op ’n afstand van tussen 30m en 300m geplaas.”

Oor- en oogbeskerming is noodsaaklik en alle vuurwapens moet tussen bane in ’n geweersak gehou word.

Skuts kan vanaf 07:30 tot 09:00 teen R200 inskryf.

Die baan open om 08:00.

Verversings sal beskikbaar wees.

Vir meer inligting, skakel Bokkie Kritzinger by 083 444 2365, Wicus Linde by 0082 776 3486, Johan Muller by 079 517 6708 of Renhard Oelofsen by 082 456 0260.

OOS-KAAP OPE

Die Langkloof Skietklub bied op 9 September vir die eerste keer sedert die klub se bestaan in 2001, die Oos-Kaap Ope-kompetisie aan.

Skuts van regoor die land ding tydens die kompetisie mee vir hul jaarlikse punte om as ’n Springbok-skut te kwalifiseer.

Registreer aanlyn by http://www.sahuntingrifle.co.za/programme/events/15.

Inskrywings kan ook op die kompetisiedag (deel van die SA Jaggeweer Skietvereniging) gedoen word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 46 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
25% - 87 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
61% - 210 votes
Vote
ZAR/USD
15.20
(+0.06)
ZAR/GBP
20.25
(+0.28)
ZAR/EUR
18.12
(-0.01)
ZAR/AUD
11.20
(-0.10)
ZAR/JPY
0.15
(-0.01)
Gold
1806.93
(-0.09)
Silver
23.22
(+0.19)
Platinum
957.64
(+0.15)
Brent Crude
47.75
(-1.52)
Palladium
2373.01
(+0.72)
All Share
57731.52
(-0.33)
Top 40
52941.58
(-0.27)
Financial 15
11695.22
(+0.43)
Industrial 25
79641.63
(-0.44)
Resource 10
52508.29
(-0.54)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo