Soet, sappige nartjies volop by fees

DIE dorp ruik na nartjies, sangers berei voor, die gebak word beplan, en feesvure brand hoog! Dit kan feesgangers by die jaarlikse Agrimark Nartjiefees binnekort op Loerie verwag.

Dié gewilde gesinsfees vier vanjaar boonop sy 25ste bestaansjaar.

Besoekers aan die Nartjiefees op 1 Oktober vanaf 08:30 by die NG Kerk Loerie kan opgewonde uitsien na talle stalletjies, gebeure en optredes deur van die land se beminde kunstenaars, soos Jay en Liani, Die Broers, Jennifer Zamaudio, Ray Dylan, Dillon Lerm en Berneace Slabbert.

Smaaklike etes, tuisgebak, vrugte en groente uit die Gamtoosvallei sal die feesgangers se honger stil. By die kunsmarkstalletjies sal heerlike ontbytbroodjies, boereworsrolle, sosaties, kerrie en rys, nagereg, pannekoek, en biltong te koop wees.

’n Hoogtepunt van die dag is die groot Nartjie-eetkompetisie wat elke jaar vir baie pret sorg as die moedige deelnemers poog om soveel nartjies moontlik in ’n minuut baas te raak.

Dis gewis ’n taai affêre, daarom is dit geen maklike taak om daarná die kroon vir die fees se nartjiekoning (of -koningin) te wen nie.

Mej. Nartjiefees en Mnr. Nartjiepit lok talle inskrywings wat vanaf 08:00 by die fees gedoen word. Skoonhede en aantreklikes neem in ouderdomsgroepe van 3 - 6, 7 - 13 en 14 - 21 deel.

Kaartjies kos R90 vir volwassenes en R40 vir laerskoolkinders.

Vir meer inligting of om ’n stalletjie te bespreek, skakel Amanda by 042 287 0634 of epos ngkerkloerie@lantic.net. Besoek ook hul webblad by www.nartjiefees.co.za en hul Facebook-blad.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
38% - 3492 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 2381 votes
No, I don't think they need it
37% - 3383 votes
Vote
ZAR/USD
15.08
(-1.06)
ZAR/GBP
21.04
(-1.05)
ZAR/EUR
18.19
(-0.86)
ZAR/AUD
11.74
(-0.53)
ZAR/JPY
0.14
(-0.81)
Gold
1715.40
(-1.18)
Silver
26.17
(-1.90)
Platinum
1172.00
(-1.92)
Brent Crude
62.54
(-1.55)
Palladium
2359.50
(-0.55)
All Share
68326.79
(-0.27)
Top 40
62861.62
(-0.39)
Financial 15
12571.60
(+0.02)
Industrial 25
89680.18
(+0.59)
Resource 10
69225.70
(-1.86)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo