Swak rand in dié bedryf ’n aanwins

Dawie Maree
Dawie Maree

DIE swak rand, wat volgens sommige ontleders teen einde vanjaar teen R19 per dollar kan verhandel, laat die uitvoermark vir plaaslike landbouprodusente wink.

Dit is egter nie net die tradisionele uitvoerprodukte soos wyn, vrugte en neute wat vanjaar ’n bonusjaar kan beleef nie.

Daar is ook al hoe meer markte wat vir Suid-Afrikaanse vleisprodusente oopgaan.

Volgens Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), voer Suid-Afrika reeds rooivleis na meer as 40 lande uit.

Dit is hoofsaaklik beesvleis, maar ook kleinvee wat na ander Afrika-lande, maar ook die Midde- en Verre-Ooste asook na EU-lande soos Brittanje en Nederland uitgevoer word.

“Dié goeie uitvoersyfer is grootliks te danke aan Suid-Afrika se goed ontwikkelde voerkraalbedryf waar groot plaaslike voerkrale tussen 10% en 20% van hul produksie uitvoer.”

Dit is veral die duurder bees-agterkwartsnitte wat in groot aanvraag is oorsee. Schutte sê dit help om die aanvraag te balanseer.

“In Suid-Afrika weer, waar verbruikers meer prysbewus is, is die aanvraag na die voorkwart groter.”

Vleisprodusente soos die Vrystaatse Sparta-groep voer onder meer premium snitte na die Midde-Ooste uit, asook na eilande soos Mauritius en Madagaskar, sê Dawie Maree, hoof van landbou-ontwikkeling en bemarking by FNB.

“Met die rand wat deesdae soveel swakker is, is die geleenthede vir uitvoer ook soveel groter vir vleisprodusente wat aan die oorsese lande se streng gesondheidsvereistes kan voldoen.”

Maree waarsku egter dat die voordeel vir landbou-uitvoerders danksy ’n goedkoper rand weggekalwe word deurdat hulle duurder moet betaal vir ingevoerde komponente soos verpakkingsmateriaal of kunsmis.

Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente soek ook aktief uitvoermarkte en volgens Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimvee-assosiasie (Sapa), probeer die organisasie toegang tot die VSA se mark kry vir plaaslike witvleis.

“Ons onderhandel al die afgelope 18 maande met ons eweknieë in die VSA hieroor en as ons die knelpunte oor gesondheidsregulasies kan oorkom, sal hierdie beslis ’n winsgewende mark vir ons wees.”

Die plaaslike bedryf moes ingevolge die vereistes van nuwe Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) sy eie mark oopstel vir 65 000 ton stortingsheffingsvrye hoenderstukke uit die VSA. Weens die skielike verswakking van die rand, is dit nou vir die VSA se hoenderboere minder winsgewend om hierheen uit te voer, terwyl dit vir Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente weer ’n gulde kans skep om gewilde snitte soos hoenderborsstukke winsgewend na die VSA uit te voer.

Suid-Afrikaanse pluimvee-uitvoerders het verlede jaar R1 miljard se produkte na veral Afrika en die Midde-Ooste uitgevoer.

Lovell waarsku dat dit lank neem vir Suid-Afrikaanse landbouprodukte, veral vleis, om toegang tot die sogenaamde eerstewêreldmarkte soos die VSA en die EU te kry.

Die stelsel bevoordeel eintlik die ontwikkelde lande. Daar word van ons verwag om toegewings te doen wanneer hulle hierheen uitvoer, maar ons moet self aan uiters streng kriteria voldoen wanneer ons daardie markte wil betree.”

  • E

“Die globale handelstelsel het die afgelope twee jaar al hoe ingewikkelder geraak en Suid-Afrika sal waarskynlik vorentoe kyk na wedersydse handelsooreenkomste met markte soos die VSA en die EU, eerder as om op die goedgunstigheid van ooreenkomste soos Agoa staat te maak.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
7% - 984 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1870 votes
Have no interest in spending more money this year?
79% - 10498 votes
Vote
ZAR/USD
15.21
(-0.63)
ZAR/GBP
20.28
(-0.23)
ZAR/EUR
18.11
(-0.56)
ZAR/AUD
11.20
(-0.61)
ZAR/JPY
0.15
(-0.77)
Gold
1809.55
(+0.09)
Silver
23.33
(-0.06)
Platinum
960.00
(+0.09)
Brent Crude
48.73
(+1.57)
Palladium
2371.00
(+2.44)
All Share
57923.69
(+0.31)
Top 40
53084.13
(+0.27)
Financial 15
11645.28
(+0.04)
Industrial 25
79993.34
(+0.20)
Resource 10
52790.93
(+0.35)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo