Sy vermag baie met ’n klein begin

Van Paralimpiese atleet tot Patensie-sakevrou: Sarisa Ferreira maak opslae. Sy het Areli Veg begin en is pas as Standard Bank se vroue-entrepreneur van die jaar aangewys.     FOTO: VERSKAF
Van Paralimpiese atleet tot Patensie-sakevrou: Sarisa Ferreira maak opslae. Sy het Areli Veg begin en is pas as Standard Bank se vroue-entrepreneur van die jaar aangewys. FOTO: VERSKAF

Die sakevrou

Sy is nie juis ’n vreemdeling wanneer dit kom by pryse wen vir haar sakevernuf nie, maar toe haar naam oor die mikrofoon aangekondig word, het dit met ’n skokgolf gekom.

So vertel Sarisa Ferreira nadat sy verlede Donderdag in Johannesburg as Standard Bank se vroue-entrepreneur van die jaar aangewys is. “Toe ek my naam hoor, het ek begin bewe,” vertel sy laggend. “Selfs nou het dit nog nie ingesink nie. Daar was baie groot maatskappye, soos Coca-Cola en Vodacom, en selfs Thuli Madonsela is vereer. Die ander benoemdes was in ’n ander liga wat sake betref, maar toe wen ek van alle mense!”

  • Sy

“Boonop dink ek nie ek sal sommer weer sukkel om ’n ­lening by Standard Bank te kry nie!” skerts sy.

Tog moes Ferreira ’n lang pad stap om dié reeks suksesse te behaal. “Kort nadat ek en Arno, my man, getrou het, het ek swanger geword met tweelingseuns. Hulle was ’n jaar en ’n half oud toe dinge op die plaas swaar geraak het. Daar was hael wat ons boontjies platgetrek en verwoesting onder die sitrusvrugte gesaai het.

“Ek het begin kyk na ons groente, want die pryse wat ons daarvoor gehaal het, was hopeloos te laag om ons uitgawes te dek. Ek het by Pick n Pay ’n kontrak gekry om groente aan hulle te verskaf, maar toe het ons nie ’n pakhuis nie en die banke wou nie vir my ’n lening toestaan nie. Uiteindelik het ons, met ’n klein produksie­lening van die koöperasie, self die pakhuis begin bou.”

Waar hulle aanvanklik net ses mense ingespan het om by die pakhuis te werk, het Areli Veg nou nagenoeg 100 werkers wat voltyds reg oor die plaas doenig is. Hulle voorsien nou ook hul groente en sitrus aan onder meer Spar, Shoprite en Woolworths.

Dit is vir haar ook belangrik om deur dié bedrywighede opleiding vir werkers uit die Patensiegebied te gee, voeg sy by.

Vervolg op bls. 3

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
36% - 1917 votes
I'll wait to see how others respond
27% - 1445 votes
No, I don't think they need it
37% - 1963 votes
Vote
ZAR/USD
14.56
(-0.55)
ZAR/GBP
20.57
(-0.33)
ZAR/EUR
17.72
(-0.49)
ZAR/AUD
11.62
(-0.47)
ZAR/JPY
0.14
(-0.35)
Gold
1792.21
(-0.59)
Silver
27.84
(-0.24)
Platinum
1257.00
(-0.17)
Brent Crude
66.41
(+2.64)
Palladium
2404.18
(-0.98)
All Share
67431.63
(+1.86)
Top 40
61916.95
(+1.93)
Financial 15
12474.09
(+0.96)
Industrial 25
87059.43
(+0.59)
Resource 10
69512.64
(+4.16)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo