Teler wen twee groot kompetisies

Andrew Masterson, ’n beesteler van Oesterbaai in die Oos-Kaap, en sy Holstein-koei, Milagro Sexi 13140, wat Saterdag buite Stellenbosch as die 2017 FNB-Suiwelkoningin aangewys is. Masterson is die heel eerste beesteler wat beide die suiwel en die vleisbees-interraskampioenskap op Agri-Expo Livestock gewen het.       Foto:VERSKAF
Andrew Masterson, ’n beesteler van Oesterbaai in die Oos-Kaap, en sy Holstein-koei, Milagro Sexi 13140, wat Saterdag buite Stellenbosch as die 2017 FNB-Suiwelkoningin aangewys is. Masterson is die heel eerste beesteler wat beide die suiwel en die vleisbees-interraskampioenskap op Agri-Expo Livestock gewen het. Foto:VERSKAF

’n Bekende beesteler van Oesterbaai in die Oos-Kaap het die naweek geskiedenis gemaak toe hy die suiwel- en die vleisbees-interraskampioenskap op Agri-Expo Livestock gewen het.

Andrew Masterson se Holstein-koei, Milagro Sexi 13140, is Saterdag op die plaas Sandringham buite Stellenbosch as die FNB-Suiwelkoningin gekroon.

Sy swart Angus-koei Milagro Power 1324 is as die BKB-Vleiskoningin aangewys.

Die suiwel-interraskampioenskap is beoordeel deur Herman Duvenage, senior beoordelaar van alle vleisbees- en suiwelrasse in Suid-Afrika, en twee internasionale beoordelaars, Harry Schuiling van Nederland en Neal Smith van Amerika.

“Vanjaar se Livestock is die beste blootstelling wat ek nog op ’n skou in die land gekry het – ek het nog nooit soveel mense op ’n beesskou gesien nie,” sê Masterson.

Dié voorsitter van die Angus-beestelersgenootskap van Suid-Afrika en eienaar van die Milagro sê sy oorwinning is ’n eer, want die standaard in dié kompetisie is baie hoog.

“Livestock bied ons ’n uitstekende bemarkingsgeleentheid om ons beste diere aan die

publiek en voornemende kopers ten toon te stel,” sê hy.

Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, sê dit is ’n besonderse prestasie dat een teler albei interraskampioenskappe wen.

Volgens Ehlers is Agri-Expo Livestock wat deur meer as 20 telersgenootskappe ondersteun word, die afgelope vier jaar gevestig as die mees gesogte vee-ekspo in Suid-Afrika.

Hy sê dié landbougenootskap bied die grootste suiwel- en vleisbees-interraskampioenskap van sy soort aan, met meer as 200 gehaltebeeste wat deelneem.

“Dit is uitsonderlik om 11 vleisbeesrasse en drie suiwelrasse op ’n skou te hê, en is ’n be-wys dat Agri-Expo Livestock op ’n internasionale standaard is.

“Ons is trots daarop dat ons vanjaar ’n rekordaantal van byna 14 000 mense op die skou ontvang het,” sê hy.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 5988 votes
Yes, but social media is part of the new reality
45% - 5495 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 632 votes
Vote
Rand - Dollar
14.15
-0.1%
Rand - Pound
19.83
+0.1%
Rand - Euro
17.07
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.2%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Gold
1,811.88
-0.2%
Silver
26.81
-0.7%
Palladium
2,853.71
-0.2%
Platinum
1,206.00
-0.7%
Brent Crude
69.32
+1.1%
Top 40
59,669
-3.0%
All Share
65,431
-3.0%
Resource 10
68,493
-4.4%
Industrial 25
81,803
-2.3%
Financial 15
12,466
-1.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo