Tia Ghee: Dié tentekamp is ’n belewenis

Die Tia Ghee-tentekamp, een van die Gamtoosvallei se besonderse blyplekke.                                  Foto: MONIQUE BASSON
Die Tia Ghee-tentekamp, een van die Gamtoosvallei se besonderse blyplekke. Foto: MONIQUE BASSON

SLAAP in ’n tent? Met bok en bobbejaan se kind wat loerend in die bosse skuil? Spinnekoppe? Slange? En ander gediertes wat in die nag rondkruip? Nee! Skreeu die stadsmeisie hier binne my wat sonder ’n enkele tentopslaan grootgeword het.

Maar soms is ’n mens net nie lus vir ’n hotel of gastehuis nie. Soms wil jy aan die uithoeke van ons mooie land uitspan waar daar niks behalwe die natuurskoon is nie.

My meer avontuurlustige kant neem oor - tentekamp hier kom ons.

Ons vat laat Vrydagmiddag die stofpad na die Tia Ghee-tentekamp, geleë aan die voet van die Elandsberge in die hartjie van Patensie - sekerlik een van die bes bewaarde geheime van die Gamtoosvallei, maar dit is ’n geheim wat vertel moet word.

Die paadjie word al nouer en die reusagtige bome vorm ’n magiese blaretonnel. My maag begin hier diep binne my bollemakiesie slaan; my hart slaan tamboer teen my boerskas - waarvoor het ek my ingelaat?

Dan skielik in die nou grondpaadjie, ‘n pretensielose, handgeskrewe wegwyser – Tia Ghee.

Ons gasheer en eienaar van Tia Ghee, Kobus Kok, verduidelik dat ons die motor hier moet los - daar is nie ’n pad tot by die tente nie. Met ons oornagsak vat ons die pad na ons tent wat agter jare-oue bome wegkruip - heeltemal onsigbaar van die pad wat na die tente lei.

En dit is hier, tussen die tente op die oewer van ‘n droë rivierbedding, waar dié stadsmeisie se denke oor “kamp” ’n kopskuif ondergaan. Dis nie voor my hart bynagaan staan toe ek sien die enigste bron van elektrisiteit is ’n motorbattery en ’n paar drade gekoppel aan drie gloeilampe nie. ’n Kers en parafienlamp voltooi die lig-arsenaal.

“Om jou ervaring eg aards te hou, is daar die minimum elektrisiteit by die tente en moet jy liefs maar jou eie flitslig inpak,” sê Kobus. Iets wat ons vergeet het.

Binne die tent is beddens, ’n bedkassie, ’n tafel en twee bedliggies. Daar is ook ’n tafel en vier stoele op die houtdek.

Die gemaklike tentverblyf (daar is sewe tente) het elk ‘n eie private badkamer (met warm water!) en ruim dek vanwaar jy die re-latief ongerepte deel van die land indrink. Of dit ‘n vroegoggendrit, skemerkelkies met asemrowende uitsigte is, ‘n wandeling of om ‘n vuur sit, Tia Ghee sal al jou sintuie aanraak en jou ‘n onvergeetlike ervaring bied.

Ons luier die aand om die vuur. Die stilte omvou jou soos ’n wolkombers op ’n koue aand. Selfs die geblaf van ’n bosbok laat ons wip soos ons skrik en verwoed rondkyk vir die naaste “wapen” om die ‘bobbejaan’ - soos wat ons in ons onkunde gedink het - af te weer. Ons skuif onwillekeurig nader aan die tentopening.

Maar na ’n paar minute is die groot skrik vergete en drink ons die snagstile en rustig-heid in.

Vroegoggend word jy deur die gekwetter van voëls begroet.

Daar is verskeie staproetes rondom die kampeerterrein. Hier kan jy na hartelus stap of luister na die geroep van die skaam Knysna-loerie wat in die geelhout- en wildevyebome sit en vreet. Die wildlewe is volop - daar is impala, rooikatte, nyala, en as jy gelukkig is, kom kuier ’n bosbok skaam-skaam by jou tent.

Vir diegene, wat dit geniet om die bos te verken, is die geelhooutbome, wildevy, stinkhout, wilde-olyf, plumbago en nog, ’n ware bederf. Kobus is dan ook net die man om saam te neem, want sy veldkennis is verstommend.

As jy verkies om te ry, is daar verskillende roetes vir viertrek-voertuie.

Min plekkke bring soveel innerlike stilte - die eindelose natuurprag en die grote sterrehemel wat snags oor jou kop hang.

Kitsfeite

  • Die Tia Ghee-tentekamp in Patensie is selfsorg en bied al die nodige geriewe hiervoor.
  • Tia Ghee is die Khoi-woord vir “afgesonderd”.
  • Daar is geen televisie of selfoonopvangs nie.
  • Tia Ghee is die perfekte oornagpunt oppad na die Baviaanskloof.
  • Met meer as 60 verskillende voëlspesies, is Tia Ghee ’n voëlliefhebber-paradys.
  • Dit is die ideale plek vir spanbou of ’n bosberaad met ’n verskil en kan tot 25 mense huisves.
  • Vir meer inligting, besoek hul webtuiste www.tiaghee.co.za, skakel Kobus by 042 282 0739/ 082 774 1805 of epos info@tiaghee.co.za.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
38% - 4027 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 2745 votes
No, I don't think they need it
36% - 3878 votes
Vote
ZAR/USD
15.29
(-0.52)
ZAR/GBP
21.24
(-0.12)
ZAR/EUR
18.29
(-0.11)
ZAR/AUD
11.81
(-0.08)
ZAR/JPY
0.14
(-0.10)
Gold
1700.44
(+0.04)
Silver
25.20
(+0.16)
Platinum
1128.01
(+0.31)
Brent Crude
69.67
(+3.93)
Palladium
2329.95
(+0.62)
All Share
68271.19
(+0.78)
Top 40
62788.64
(+0.87)
Financial 15
12759.80
(+0.67)
Industrial 25
87613.31
(-0.32)
Resource 10
70801.78
(+2.36)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo