Toetsfase vir visvang begin oor 2 weke

BESTAANSVISSERS sal reeds oor twee weke in die land se oudste beskermde mariene gebied mag hengel.

Vier gebiede binne die 50 jaar oue Tsitsikamma Nasionale Park- mariene bewaringsgebied word op 15 Desember vir gere­gis­treerde bestaansvissers van die Tsitsikamma- en die Koukamma-munisipaliteite oopgestel.

Dit volg net meer as ’n week nadat ’n voorgestelde plan vir dié hersonering aangekondig is.

“Die gebiede is slegs as ’n toetsfase oopgestel,” sê Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van Sanparke.

Regulasies en die voorgestelde plan om vier gebiede binne die bewaringsgebied vir bestaansvissers oop te stel, is op 19 November in die Staatskoerant gepubliseer.

Edna Molewa, Minister van Omgewingsake, sal eers ná 1 Februarie, die sperdatum vir kommentaar en besware oor die voorgestelde hersoneringsplan, ’n finale besluit oor die oopstelling van die mariene bewaringsgebied bekend maak.

Maar die afgelope naweek het Molewa ingestem, en is ’n verklaring deur Fundisile Mketeni, Sanparke se uitvoerende hoof, onderteken wat bestaansvissers reeds oor twee weke regte gee om in die bewaringsgebied te mag hengel.

“Die toetsfase is om die implementering van die konsep te toets,” sê Mgwadlamba.

Die Burger het vroeër berig prof. Nadine Strydom, mariene bioloog verbonde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, het gesê bedreigde visspesies in die bewaringsgebied kan uitgewis word as daar in die gebied gehengel word.

Volgens Sam Vuso, burgemeester van die Koukamma-munisipaliteit, het plaaslike hengelaars die afgelope maand verskeie slypskole bygewoon waar hulle ingelig is oor die verskillende vissoorte en hoeveel en wanneer gehengel mag word.

“Om toegang tot die see te kry, is die eerste oorwinning in ’n stryd van meer as 20 jaar vir die bestaansvissers.

“Die idee is nie om die hele kuslyn van vis te stroop nie. Ons mense wil net kan kos op die tafel sit én nog terselfdertyd genoeg vis vir hul nageslag in die see hê,” sê Vuso.

Vuso glo die vier gebiede binne die mariene bewaringsgebied wat binnekort oopgestel word, sal nie weer toegemaak word nie.

“Ek weet die minister [Molewa] moet nog besluit, maar ek glo nie mense sal so wreed wees om teen die hengel van vis deur die armes gekant te wees nie.”

  • Besware en kommentaar oor die voorgestelde plan kan nog tot op 1 Februarie 2016 aan ­mparegs@environment.gov.za gestuur word.
  • Intussen word nog ’n mariene bewaringsgebied in die Oos-Kaap vandag vir hengelaars oopgestel.

’n Deel van die Dwesa Cwebe-natuurreservaat aan die Bashee-riviermond se mariene bewaringsgebied is volgens die Staatskoerant op 6 November gehersoneer, en bestaansvissers sal voortaan ’n bepaalde hoeveelheid vis hier mag uithaal.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 3241 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 3027 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 328 votes
Vote
USD/ZAR
14.32
(-0.4)
GBP/ZAR
19.92
(-0.3)
EUR/ZAR
17.22
(-0.2)
AUD/ZAR
11.09
(-0.4)
JPY/ZAR
0.13
(-0.5)
Gold
1,794.72
(+0.4)
Silver
26.76
(+1.0)
Platinum
1,236.50
(+0.5)
Brent Crude
68.96
(+0.1)
Palladium
2,991.39
(+0.5)
All Share
67,467
(+0.2)
Top 40
61,619
(+0.1)
Financial 15
12,413
(+0.5)
Industrial 25
85,459
(-0.2)
Resource 10
70,708
(+0.5)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo