Vlamme lê Billabong-pakhuis in puin

: Wolke rook het Dinsdag omstreeks middernag by ‘n gebou in die gewilde Billabong Village in Jeffreysbaai uitgebol, onderwyl vlamme die gebou van binne verteer het.           Foto: RRAD PHOTOGRAPHY
: Wolke rook het Dinsdag omstreeks middernag by ‘n gebou in die gewilde Billabong Village in Jeffreysbaai uitgebol, onderwyl vlamme die gebou van binne verteer het. Foto: RRAD PHOTOGRAPHY

WOLKE rook het Dinsdag omstreeks middernag by ‘n gebou in die gewilde Billabong Village in Jeffreysbaai uitgebol, onderwyl vlamme die gebou van binne verteer het.

Omstanders het die vernietiging voor hul oë sien afspeel; hóé die vuur aan die mure lek, bo uitbrand, dit verswak en dele daarvan swart ineentuimel.

Toe die wag by Billabong se pakhuis die rook merk, het die vlamme reeds onherstelbare skade binne die gebou aangerig.

Die brandweer was glo eerste op die toneel, en het blitsig reageer om die brand onder be-heer te bring, maar tevergeefs. Hulle het wel die omliggende geboue beveilig en van die selfde lot gered.

Polisie het die toeskouers van die nabygeleë Pellsrus en elders buite gevaar laat wegbeweeg. Die verslaggewer op die toneel is gemaan om terug te staan, aangesien die gebou se struktuur toe onstabiel geword het. Net daarna het ‘n groot deel van die agterste buitemuur ineengestort.

‘n Bevoegde omstander het gemerk dat dit abnormaal is dat die gebou so vinnig brand. “Gewoonlik brand ‘n gebou van een punt af, maar hier lyk dit of die brand so heel neerge-sit is. Gewone brande reageer nie so nie.”

‘n Winkeleienaar is op die toneel opgemerk, maar dit blyk dat sy perseel steeds veilig was. ‘n Ander bystander het gesê dat geen van die rook-alarms na bewering afgegaan het nie.

Volgens Mfundo Sobele, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, het hulle omstreeks 12:25 ’n oproep ontvang dat die pakhuis van Billabong aan die brand is.

“Ambulanspersoneel van Jeffreysbaai, St. Francisbaai, Humansdorp en Hankey het hulle na die toneel gehaas. Met hul aankoms, was die gebou reeds in ligte laaie.

“Die brand is om 03:30 geblus en die brandweer-spanne het tot na 05:00 op die toneel gebly.”

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Billabong kon nie voor druktyd vir kommentaar bereik word nie.

  • Sien bladsy 2 vir nog foto’s.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6189 votes
It's four more years for Trump
54% - 7274 votes
Vote
ZAR/USD
16.31
(+0.75)
ZAR/GBP
21.46
(-0.67)
ZAR/EUR
19.35
(+0.57)
ZAR/AUD
11.62
(-0.14)
ZAR/JPY
0.16
(-0.05)
Gold
1924.58
(+0.76)
Silver
25.03
(+1.22)
Platinum
887.00
(+2.00)
Brent Crude
43.05
(+1.28)
Palladium
2396.00
(+0.77)
All Share
55345.49
(+0.13)
Top 40
50905.12
(+0.11)
Financial 15
10138.60
(+1.83)
Industrial 25
74577.70
(-1.31)
Resource 10
54447.94
(+1.23)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo