Vliegtuie kom sit in jou bloed

J-Bay Radio Flyers ondervoorsitter Deon Freemantle en voorsitter Buks Coetzee is ‘verslaaf’ aan die vlieënde vermaak van radiobeheerde vliegtuie.                                                 Foto: MONIQUE BASSON
J-Bay Radio Flyers ondervoorsitter Deon Freemantle en voorsitter Buks Coetzee is ‘verslaaf’ aan die vlieënde vermaak van radiobeheerde vliegtuie. Foto: MONIQUE BASSON

DIEGENE wat nog altyd effens jaloers was op Tom Cruise omdat sy karakter in die 1986-fliek Top Gun ’n F-14A Tomcat vlieg, kan hul eie modelreplika van dié vegvliegtuig aanskaf en dit self vlieg.

Nie almal kan ’n vlieënier van beroep wees nie, maar bykans enigiemand kan ’n bobaas-vlieënier van radiobeheerde modelvliegtuie wees.

“Om ’n modelvliegtuig te vlieg, is die wonderlikste stokperdjie,” sê die ondervoorsitter van die J-Bay Radio Flyers, Deon Freemantle.

Radiobeheerde vliegtuie kan deesdae vir min of meer dieselfde geld as ’n sak duur hondekos gekoop word. Jy kan nou wel nie jou supermark-model gebruik om ’n Taliban-bunker in Pakistan te gaan aanval nie, maar daar is allerhande merkwaardige dinge wat jy kan aanvang met tegnologie wat makliker bekombaar is en al hoe goedkoper word.

Freemantle sê die stokperdjie behels baie dissipline en konsentrasie. “Dit is nie iets wat jy sommer van die begin af regkry nie. ’n Mens moet ofen. Dit is ook nie soos radiobeheerde motors wat jy net weer kan optel as hy bots nie. As jou vliegtuig val, is hy flenters.

“Hoe meer jy oefen, hoe beter raak jy én hoe lekkerder raak dit. Dit is ‘verslawend’ as mens eers by dié vlieënde vermaak betrokke raak.”

Hy voeg by jy maak goeie vriende as jy hierdie stok- perdjie beoefen en aan só ’n klub behoort.

Die J-Bay Radio Flyers is onlangs deur ’n groep mo-delvliegtuiggeesdriftiges op die been gebring en is op ’n groot stuk landbougrond noord van Vlakteplaas Crushers buite Jeffreysbaai gevestig.

Hulle is in die proses om die klub by die Suid-Afrikaanse Modelvliegtuigvereniging (Samaa) te registreer. Sodra dié registrasie in plek is, kan hulle kompeterend meeding teen klubs in onder meer Uitenhage en Port Elizabeth.

“J-Bay Radio Flyers is die enigste modelvliegtuigklub wes van Uitenhage en voor Oudtshoorn,” sê Freemantle. “Dié klub is die ideale plek vir enige geesdriftige of toe-skouer.”

Die klub spog tans met 12 aktiewe lede.

“Dié geesdriftiges het geoefende hande. Hulle weet presies hoe om die kontroleknoppies van die radiobe-heervliegpaneel vir ure lank te hanteer, om vliegtuie ná mekaar te lanseer, allerlei kunsvlugte uit te haal en later weer veilig te land.”

Vir meer inligting of om by die klub aan te sluit, skakel voorsitter Buks Coetzee by 076 976 1917, ondervoorsitter Deon Freemantle by 083 457 3415, of sekretaris Don Thompson by 072 404 3655.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
38% - 4067 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 2770 votes
No, I don't think they need it
36% - 3907 votes
Vote
ZAR/USD
15.29
(-0.52)
ZAR/GBP
21.24
(-0.12)
ZAR/EUR
18.29
(-0.11)
ZAR/AUD
11.81
(-0.08)
ZAR/JPY
0.14
(-0.10)
Gold
1700.44
(+0.04)
Silver
25.20
(+0.16)
Platinum
1128.01
(+0.31)
Brent Crude
69.67
(+3.93)
Palladium
2329.95
(+0.62)
All Share
68271.19
(+0.78)
Top 40
62788.64
(+0.87)
Financial 15
12759.80
(+0.67)
Industrial 25
87613.31
(-0.32)
Resource 10
70801.78
(+2.36)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo