PE Express

‘Verskerpte veiligheid laat diewe nou wapens dra’

accreditation

TOE die eienaar se hond net na middernag begin blaf, het die huurder wat gaan ondersoek instel het, hom in vier mans met messe vasgeloop.

Hierdie jongste huisrooftog in Port Elizabeth is Sondagoggend vroeg in Rowallanpark uitgevoer en is nou deel van die huisroofstatistieke – dit is iets wat volgens navorsing aan die toeneem is.

Die rowers het die huurder (36) op die grond neergegooi, in die kuit gesteek en hom met toue vasgebind voordat hulle die huis begin deursoek het. Toe die eienaar (58) later by die huis opdaag, is hy ook deur die rowers oorval en met messe gesteek.

Volgens Frans Cronjé, hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, toon navorsing dat huisrooftogte landwyd die afgelope dekade met meer as 100% en rooftogte by sakeondernemings met meer as 200% toegeneem het.

Die instituut het verlede week statistieke en navorsing vrygestel waarvolgens die Oos-Kaap nou, volgens moordsyfers, as die gevaarlikste provinsie in die land bestempel word.

Hy beskou die toename in privaat sekerheidsondernemings met gewapende reaksiespanne as een van die hoofredes vir die styging in gewapende rooftogte by huise en sakeondernemings.

“Die dae dat ’n dief oor ’n heining kon spring, ’n televisiestel gryp en daarmee weghardloop, is verby. Verskerpte veiligheidsmaatreëls en gewapende reaksiespanne het tot gevolg dat diewe nou gewoonlik wapens dra om hulself te verdedig.”

Terwyl die aantal polisiebeamptes en privaat sekuriteitsbeamptes tien jaar gelede min of meer kop-aan-kop was teen ongeveer 120 000 stuks, is daar volgens hom nou nagenoeg 200 000 polisiebeamptes en amper 500 000 private gewapende sekuriteitsbeamptes.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het gesê baie huisrooftogte begin as inbrake, maar dat inbrekers hulle dan met wapens en/of geweld verset wanneer hulle betrap word. Volgens haar kan ’n mens nie versigtig genoeg wees nie.

“Behalwe dat mense alle moontlike veiligheidsmaatreëls by hul huise moet tref, moet hulle ook baie versigtig wees wie hulle in hul huise en op hul erwe toelaat.”

Volgens haar beskik inbrekers en/of rowers in meeste van die gevalle oor inligting wat hulle vooraf bekom.

“Mense moet hul werknemers waarsku teen die gevare daarvan om vreemdelinge op die erf of in die huis toe te laat. As daar ’n alarmstelsel met paniekknoppies is, moet werkers ook hieroor voorgelig word.”

Janse van Rensburg het die Rowallanpark-huisroof bevestig. Sy het gesê die huiseienaar het baie bloed verloor en is na die Life St. Georges-hospitaal gebring. Volgens haar het sy ernstige bloeding waarskynlik daartoe gelei dat die rowers op die vlug geslaan het. Hy is later ontslaan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

) Twee vulstasie-winkels is Sondagoggend vroeg in twee afsonderlike voorvalle beroof. In albei gevalle het vier verdagtes, waarvan een gewapen was, die rooftogte uitgevoer.

In die Sentraal-voorval het die verdagtes die insittendes van ’n minibus-taxi wat besig was om brandstof in te gooi, van kontant beroof.

In die Helenvale-rooftog is ’n klant in die winkel se voertuigsleutels deur die rowers afgeneem en die rowers het in die voertuig gevlug. Niemand is in die voorvalle beseer nie en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Facebook is facing a fresh crisis after a former employee turned whistle-blower leaked internal company research. Do you still use Facebook?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, the benefits outweigh the risk for me
32% - 2411 votes
No, I have deleted it
38% - 2853 votes
Yes, but I am considering deleting it
31% - 2328 votes
Vote
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pound
20.08
+0.1%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.1%
Rand - Yen
0.13
+0.5%
Gold
1,779.33
+0.8%
Silver
23.71
+2.2%
Palladium
2,083.00
+2.9%
Platinum
1,052.83
+1.5%
Brent Crude
84.33
-0.6%
Top 40
60,320
+0.5%
All Share
66,912
+0.5%
Resource 10
64,002
+1.1%
Industrial 25
84,631
+0.4%
Financial 15
13,990
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE