Baai tree op oor pamflette

DIE “spektakel” van onwettige pamflette en plakkers wat Nelson Mandelabaai ontsier, het die metro se doenlysie gehaal.

’n Mosie om die onwettige verspreiding van dié pamflette, wat onder meer aanbied om aborsies uit te voer en mans meer bedeeld te maak, is deur die DA se Gustav Rautenbach aan die metro se komitee vir menslike nedersettings voorgelê.

Dié probleem het oor die afgelope paar maande toegeneem, het Rautenbach gesê.

“Die plakkers en pamflette word onwettig aangebring op onder meer bushaltes, lamppale en selfs by private persele,” het hy in die mosie gesê.

Volgens Rautenbach se mosie, wat deur die komitee aanvaar is, moet polisiebeamptes en munisipale sekuriteitsdienste toegerus word om teen dié oortreders op te tree.

Intussen sal die direktorate vir behuising, infrastruktuur, elektrisiteit en energie, en veiligheid en sekuriteit met die polisie vergader om ’n volhoubare oplossing te vind.

“Die direktoraat vir behuising sal ook uitvoering aan die mosie gee deur gereelde vorderingsverslae daaroor aan die komitee voor te lê,” het hy bygevoeg.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 3670 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 3395 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 365 votes
Vote
USD/ZAR
14.18
-1.4%
GBP/ZAR
19.71
-1.4%
EUR/ZAR
17.12
-0.8%
AUD/ZAR
11.04
-0.8%
JPY/ZAR
0.13
-1.2%
Gold
1,815.32
+1.6%
Silver
27.32
+3.1%
Palladium
2,950.04
-0.9%
Platinum
1,255.50
+2.1%
Brent Crude
68.96
+0.1%
Top 40
61,706
+0.3%
All Share
67,609
+0.4%
Resource 10
69,984
-0.5%
Industrial 25
86,103
+0.5%
Financial 15
12,567
+1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo