Baaise blits oortref rekord in Bloem

Cayla Seddon, ’n 200 m naelloper oefen hier by die Westbourne atletiekbaan in Port Elizabeth. Sy het onlangs die nuwe rekordhouder in die 60 m vir vroue geword.  Foto: theo jeptha
Cayla Seddon, ’n 200 m naelloper oefen hier by die Westbourne atletiekbaan in Port Elizabeth. Sy het onlangs die nuwe rekordhouder in die 60 m vir vroue geword. Foto: theo jeptha

WANNEER sy die atletiekbaan onder die sole van haar drafskoene voel, verdwyn die res van die wêreld – en dán kan byna niemand Cayla Seddon vang nie.

Dié Baaise blits (18) van die TJ-atletiekklub het onlangs die rekord verbeter in die 60 m-naelloop vir vroue by die Clover-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein. Sy het dié wedloop in 7,52 sekondes kafgedraf en daarmee die rekord wat sewe jaar lank op 7,57 sekondes gestaan het, verbeter.

Seddon het reeds begin hardloop toe sy in gr. 1 was en vir haar is dit ’n plek waar sy ontspan.

“Ek hou van die gevoel van die baan onder my voete soos ek elke tree vat,” het Seddon gesê. “Ek hou ook van die adrenalien wat ek kry wanneer ek op my merke staan en wag, en die geweerskoot gaan af. Ek wil niks anders doen as om te hardloop nie.”

Seddon neem deesdae deel aan die 200 m-naelloop en 100 m-hekkies. “Ek het begin met langafstande, maar soos ek ouer geword het, het my afstande korter geword.”

Volgens haar het sy haar atletiese gene beslis van haar ouers gekry. Haar ma, Heidi Herselman, was ’n hekkiesatleet en haar pa, Patrick Seddon, is steeds ’n langafstandatleet. Hy het al 18 keer aan die Comrades-marathon deelgeneem en neem ook jaarliks aan die Ysterman-kompetisie deel.

Seddon het ook hokkie gespeel tot sy in gr. 10 was, maar spits nou haar aandag toe op haar atletiek – soveel só dat sy ’n interessante gewoonte ontwikkel het. “Ek steek altyd my tong uit as ek hardloop, want dit help my om te konsentreer. As ek hekkies hardloop, wys my tong na links en as ek my naellope doen, dan is my tong regs.”

Seddon wil volgende jaar op universiteitsvlak meeding wanneer sy aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) studeer.

“My rolmodel is die Australiese atleet Sally Pearson omdat sy net iets in haar het wat so goed is. Sy het uithouvermoë wat skrik vir niks en sy doen ook dieselfde items as ek,” het Seddon gesê.

Haar doelwit vir volgende jaar is om aan die Russiese wêreld- junior kampioenskappe deel te neem.

Seddon sal weer te sien wees by die Friday Night Light-reeks wat in Desember by die NMMU gehou word en waar sy aan die eindronde sal deelneem.

“Ons het klaar vier uitdunne gehardloop en ek was eerste in elkeen,” het sy gesê.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 5825 votes
Yes, but social media is part of the new reality
45% - 5362 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 613 votes
Vote
Rand - Dollar
14.13
-0.9%
Rand - Pound
19.86
-0.3%
Rand - Euro
17.06
-0.3%
Rand - Aus dollar
10.92
+0.5%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Gold
1,814.47
-1.3%
Silver
26.96
-2.4%
Palladium
2,859.51
-2.8%
Platinum
1,215.34
-2.0%
Brent Crude
68.55
+0.3%
Top 40
61,529
+0.3%
All Share
67,424
+0.3%
Resource 10
71,663
+1.5%
Industrial 25
83,756
-0.5%
Financial 15
12,642
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo