Baaise digter se ‘Di-Verse’ is ‘ope briewe in vleespotte’

Nickfred Sysaar het onlangs sy digbundel, Di-Verse, bekendgestel. Hier is sy bladproewe in ’n verskeidenheid van omslae voordat hy op die lam, die leeu en die duif heel regs besluit het.                 Foto: THEO JEPTHA
Nickfred Sysaar het onlangs sy digbundel, Di-Verse, bekendgestel. Hier is sy bladproewe in ’n verskeidenheid van omslae voordat hy op die lam, die leeu en die duif heel regs besluit het. Foto: THEO JEPTHA

SY gedigte is “ope briewe in vleespotte” – briewe oor sy Skepper, sy omgewing en die lief en leed wat die mensdom daagliks ervaar en hy kleurryk vaspen.

Nickfred Sysaar (43) van Bloemendal skryf in sy jongste digbundel, Di-Verse, oor die realiteit van grootword in ’n wrede wêreld, oudword, tyd en selfs oor kinders se stryd om beter onderrig.

Hy stel juis vanaand dié diverse digbundel bekend.

“Op laerskool het ek die prefek-span gehaal, maar my afrigter wou nie hê dat ek soveel verantwoordelikheid moes aanvaar nie. Hy wou my op die sportveld hê,” het Sysaar vertel. “Ek is op die ou end toe as biblioteekprefek aangestel en moes my middae tussen Totius en N.P. Van Wyk Louw deurbring. Vandaar die liefde vir die digkuns wat oor die jare verdiep het.”

Sy vorige bundel, El Shaddai, is ’n samevatting van preke tydens kerkdienste wat hy kreatief saamvat. Dié bundel is in Mei vanjaar gedruk.

“God eerste. In baie van my gedigte kan ’n mens my liefde vir my Skepper onmiddellik raaklees, maar Di-Verse is ’n verskeidenheid van goed wat vir my saakmaak. Herinneringe, my ouers, my gesin en die sosiaal-ekonomiese landskap waarin ons almal probeer oorleef.”

Wanneer Sysaar nie dig nie, is hy in ’n netjiese hemp en broek agter sy lessenaar by General Motors (GM) besig met syfers.

“Ek is ’n finansiële ontleder van beroep, maar ek is ook die ou wat binnenshuise krieket of sokker by die werk reël. My vrou kla gewoonlik, want ek kom altyd by die huis aan met ’n seer pinkie of iets. Sy’s ’n verpleegster, so ten minste kan sy dit tjop-tjop regmaak,” spot hy.

Di-Verse is ook veelsydig in taal. Dit bevat ’n reeks tweetalige gedigte, skryfsels in Engels en Afrikaans, en het plek-plek ’n Maleise “manier van praat”.

“Dis niks fancy nie. Dis bloot my manier om my veelvoudige gedagtes, ervaringe en die goed wat ek raaksien, met die wêreld te deel.”

Uittreksel uit sy gedig, Di-Verse

ope briewe in vleespotte

naak in glashuise agter slotte

geskryf nie met ink

op vleestafels van ons harte

met balk in oog

verblind deur splint

dis ’n gejaag na genot, maar tog bankrot

laat daar lig wees

bring die woord,

laat di-verse leef!

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4158 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 3857 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 416 votes
Vote
USD/ZAR
14.05
0.0%
GBP/ZAR
19.67
0.0%
EUR/ZAR
17.10
0.0%
AUD/ZAR
11.03
0.0%
JPY/ZAR
0.13
0.0%
Gold
1,831.32
0.0%
Silver
27.45
0.0%
Palladium
2,929.64
0.0%
Platinum
1,256.50
0.0%
Brent Crude
68.28
+0.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo