Jukebox-skoletoer maak ’n Baaise draai

: Pieter Koen Foto: ARGIEF
: Pieter Koen Foto: ARGIEF

DIE opwinding is groot, want dit is amper tyd vir die eerste Jukebox-skoletoer wat vanaf vandag tot 4 Februarie plaasvind.

Die gasheer op Jukebox, Pieter Koen gaan saam met Willem Botha op verskeie dorpe kuier. Hulle gaan behoorlik die land platry met 12 optredes en meer as 30 skole besoek in slegs 12 dae.

Van Virginia tot in Riversdal kan mense op die uitkyk wees vir hierdie dinamiese twee waar hulle jonk en oud gaan vermaak aand na aand.

Port Elizabeth kom op 3 Februarie aan die beurt wanneer hulle by die Laerskool Verkenner optree.

Pieter Koen

Hy kuier elke Saterdag saam met kykers op Jukebox en sommer party Woendae ook op Kwêla, want uitmuntende TV-aanbieder is hy beslis, met ATKV- en Huisgenoot Tempo-toekennings op sy kerfstok vir sy aanbieding.

Musiek is steeds Pieter se eerste liefde en hy toer die land plat met sy nuutste album, Wat Die Hart Van Vol Is. Die album wys ’n ouer en dieper Pieter Koen. “Man Van Staal” wat die eerste enkelsnit was, het trefferparades landswyd geklim en die nuutste enkelsnit “So Hard Geval” is tans steeds op verskeie trefferparades lands-wyd.

Die album spog ook met ’n Huisgenoot Tempo- en SAMA-benoeming.

Willem Botha

Mense het hom in 2006 leer ken tydens die Afrikaanse Idols-reeks op kykNET waar hy as naaswenner uit die stryd getree het en sedertdien het hy drie bekroonde albums en groot film-, teater- en TV-rolle agter sy naam.

Hy was ook die eerste Suid-Afrikaner wat aan die Eurovision Song Contest deelgeneem het vir die span van Belarus wat dit tot in die finaal gemaak het.

Hy het ook reeds optredes in onder meer België, Nederland, Luxemborg, Swede en Dubai op sy kerfstok. Hy is gek oor alle fasette van die vermaaklikheidsbedryf – sing, dans, toneelspeel, aanbieder wees en selfs agter die kamera.

Liefling, Die Movie en later Pretville was sy silwerskerm verskynings terwyl in die teater hy te sien was in Deon Opperman se Tree Aan! en ook meer onlangs in Reik Na Die Sterre waar hy die hoofrol vertolk het. Hy het ook op die kassie in verskeie huise verskyn in Donkerland en sal ook vanaf Januarie vanjaar in Sterlopers op kykNET te sien wees.

Sy musiek is steeds sy hooffokus en met Huisgenoot Tempo- en SAMA-nominasies agter sy belt, kan aanhangers uitsien na die splinternuwe album rondom April 2016.

Toerprogram

20 Januarie: Virginia Volkskool

21 Januarie: Bloemfontein InnieSkuur

22 Januarie: Kimberley Laerskool Newton

25 Januarie: Hoërskool Middelburg (OK)

26 Januarie: Laerskool Aliwal-Noord

27 Januarie: Laerskool Cradock

28 Januarie: Graaff-Reinet Laer Volkskool

29 Januarie: Oudsthoorn Langenhoven Gimnasium

1 Februarie: Riversdal Hoërskool Langenhoven

2 Februarie: George

3 Februarie: Laerskool Verkenner, PE

4 Februarie: Oos-Londen Hoërskool Grens

  • Vir meer inligting gaan na www.jukeboxskoletoer.co.za.

Wen! Wen! Wen!

Een gelukkige leser staan die kans om ’n dubbelkaartjie na die Laerskool Verkenner-vertoning in die Baai op 3 Februarie, asook ’n CD van Pieter Koen en Willem Botha te wen.

Om in aanmerking vir dié prys te kom, volg ons op Facebook (PE Express Newspaper), en op die Jukebox-skoletoer-foto, noem enige liedjie van óf Pieter Koen óf Willem Botha.

Die wenner sal op Facebook aangekondig word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 904 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1700 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 9342 votes
Vote
ZAR/USD
15.23
(+0.79)
ZAR/GBP
20.32
(+0.87)
ZAR/EUR
18.08
(+0.73)
ZAR/AUD
11.19
(+0.27)
ZAR/JPY
0.15
(+1.04)
Gold
1803.00
(-1.81)
Silver
23.19
(-1.41)
Platinum
958.00
(+3.44)
Brent Crude
45.51
(+2.15)
Palladium
2333.99
(+0.22)
All Share
57761.92
(+1.08)
Top 40
53049.43
(+1.09)
Financial 15
11674.99
(+2.97)
Industrial 25
80126.12
(+0.26)
Resource 10
52568.48
(+1.54)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo