KOMPETISIE:Wen DVD van nuwe Afrikaanse kinderanimasie ‘Mannaland’

:   Foto:
: Foto:

MET die stralende sukses van die Suid-Afrikaanse 3D-animasie industrie kom daar nog ’n belowende kreatiewe span na vore.

Uligu Animasie en Montana Studios het hulle eerste produk in die vorm van ’n 5-episode DVD-reeks, met die naam van Mannaland geloods.

Daar is drie baie oulike en kleurvolle karaktertjies; Elly die Olifant, Ronny die Renoster en Hugo die Seekoei.

Die karaktertjies vermaak die jongspan en leer hulle van belangrike sosiale verantwoordelikheidsonderwerpe soos water besparing, gehoorsaamheid, fluksheid, geloof en liefde. Verder kan daar ook lekker op die nuwe Afrikaanse liedjies baljaar word.

As deel van elke episode is daar ’n Bybel-verhaal wat dien as ’n inleiding tot die Woord.

“Ons is lief vir Afrikaans en wil bydra tot die groei daarvan. Ons voel ook dat daar nie genoeg materiaal be-skikbaar is wat bydra tot ’n goeie morele kompas vir kinders nie, veral nie in Afrikaans nie,” het Martin Geyer, stigter van Uligu Animasie, gesê.

“Dit was nog altyd my droom om voltyds animasie te doen, maar daar was nooit regtig geleenthede in Suid-Afrika nie. Soos meeste illustreerders en storie-vertellers het ek ook geabsorbeer geraak in die advertensie-wese. Ek het so tussendeur ’n suksesvolle loopbaan, in my vrye tyd, my droom nagejaag deur selfstudie. Dit het baie jare van harde werk geneem, maar nou begin die droom bymekaar kom.”

Mannaland (seisoen 1) is nasionaal in Desember 2016 geloods en daar sal ook ’n bykomstige Android-speletjie beskikbaar wees. “Ons het klein, nuuskierige handjies in ag geneem met die vervaardiging van die program. Dis eenvoudig en lekker interaktief en daar kan nie maklik uit die program ‘ontsnap’ word nie,” het Geyer gesê.

Mannaland is beskikbaar by Christelike winkels.

Wen! Wen! Wen!

Die PE Express het ’n paar Mannaland DVD’s om weg te gee. Om in te skryf, gaan na ons Facebook-blad, vind dié foto en beantwoord dan ’n maklike vragie. Wenners sal op Facebook gekontak word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
25% - 2 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
0% - 0 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
75% - 6 votes
Vote
ZAR/USD
15.20
(+0.03)
ZAR/GBP
20.32
(-0.07)
ZAR/EUR
18.13
(-0.05)
ZAR/AUD
11.21
(-0.22)
ZAR/JPY
0.15
(-0.17)
Gold
1809.08
(-0.00)
Silver
23.19
(+0.07)
Platinum
951.00
(-0.70)
Brent Crude
47.75
(-1.52)
Palladium
2382.00
(+1.12)
All Share
57923.69
(+0.31)
Top 40
53084.13
(+0.27)
Financial 15
11645.28
(+0.04)
Industrial 25
79993.34
(+0.20)
Resource 10
52790.93
(+0.35)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo