McLaren-sirkusbaas mor oor weiering van staanplek

David McLaren, eienaar van die McLaren-sirkus, en Duncan McLaren, Chakalaka die nar, saam met Ivory die luislang toe hulle vroeër in Port Elizabeth was. Foto: WERNER HILLS
David McLaren, eienaar van die McLaren-sirkus, en Duncan McLaren, Chakalaka die nar, saam met Ivory die luislang toe hulle vroeër in Port Elizabeth was. Foto: WERNER HILLS

DIE McLaren-sirkusbase glo magsposisies is misbruik om hulle vanjaar uit een van die Oos-Kaap se bekendste vakansiedorpe te hou.

Die afgelope drie jaar was dit heeltyd ’n toutrekkery tussen sirkusbase en Port Elizabeth se diereregteaktiviste wanneer die sirkustent met al sy diere in Port Elizabeth, Uitenhage of Jeffreysbaai opgeslaan word.

Vanjaar het David McLaren, eienaar van die sirkus, egter besluit om Port Elizabeth en Uitenhage oor te slaan, maar hy het tog gehoop om vertonings vir ’n week lank op Jeffreysbaai te kan aanbied.

“Soos die afgelope nege jaar, was die aansoek vir ons permit in Jeffreysbaai betyds en is dit volgens die reëls gedoen. Middel Desember is ons egter laat weet ons aansoek is afgekeur,” sê McLaren.

Hy is daarvan oortuig dat ’n interne geknoei tot dié weiering bygedra het.

“Die saak is by ons prokureurs. Ek glo daar is van magsposisies in die munisipaliteit misbruik gemaak om ons uit die dorp te hou.”

McLaren het spesifiek na een werknemer van die munisipaliteit verwys, wat volgens hom ook bande met diereregteaktiviste het.

By navraag het Elza van Lingen, uitvoerende burgemeester van die Kouga-munisipaliteit, gesê een van die redes hoekom die sirkus se aansoek van die hand gewys is, is weens die teenstand van die publiek en vorige jare se ervarings met die sirkus.

Sy sê ook die besluite rakende die toelating van vertonings word gesamentlik deur senior amptenare van die munisipaliteit en die polisie geneem.

Van Lingen het onderstreep dat die persoon na wie McLaren verwys, nie ’n senior amptenaar is nie.

Van die redes vir die sirkus se weiering sluit in rusverstoring, dieremishandeling en verkeersprobleme wat kan ontstaan.

“Ons sal die besluit aanvaar as daar bewyse van die klagtes verskaf kan word. Al antwoord wat ons gekry het, is dat die grond aan die munisipaliteit behoort en hulle nie toestemming hoef te gee nie,” het McLaren hierop gereageer.

Hy het voorts gesê ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing is dit nie onwettig om diere vir vermaak te gebruik nie, en hy het geen munisipale regulasies van die Kouga-munisipaliteit onder oë gehad wat aan hom sou bewys dat die aanbieding van ’n sirkus hier onwettig sou wees nie.

“Ons wag steeds vir terugvoering met bewyse van die munisipaliteit. Want ons sal volgende jaar terug wees en wil weet hoe ons te werk moet gaan. Ons gaan nie deur ’n klein groepie mense weggehou word nie,” sê hy.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
47% - 8501 votes
It's four more years for Trump
53% - 9658 votes
Vote
ZAR/USD
16.19
(+0.14)
ZAR/GBP
21.09
(+0.36)
ZAR/EUR
19.12
(+0.47)
ZAR/AUD
11.53
(+0.26)
ZAR/JPY
0.15
(+0.28)
Gold
1901.10
(+0.16)
Silver
24.25
(-0.69)
Platinum
872.00
(-2.61)
Brent Crude
41.25
(0.00)
Palladium
2346.00
(-0.90)
All Share
54890.88
(-0.81)
Top 40
50286.90
(-0.80)
Financial 15
10644.91
(-1.35)
Industrial 25
74457.36
(-0.60)
Resource 10
52092.66
(-0.89)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo