‘Nog reën kan kom, maar droogte sal bly’

Die Kougadam in Desember verlede jaar toe dit net meer as 50% vol was. Die vlak is tans net meer as 46%.  Foto:
Die Kougadam in Desember verlede jaar toe dit net meer as 50% vol was. Die vlak is tans net meer as 46%. Foto:

HOEWEL normaal tot bonormale neerslae voorspel word, is dit moontlik dat die vernietigende droogtetoestande wat groot dele van die land teister, nog dié somer sal voortduur.

Daar is ook nie goeie nuus wat reën betref in die opvanggebiede van die opgaardamme wat water verskaf aan die metro nie.

Quinton Jacobs, senior voorspeller by die weerkantoor in Port Elizabeth, sê die voorspelling geld vir die grootste deel van die land, maar omdat die modelle onseker is, is dit baie moontlik dat die droë toestande sal voortduur.

“Dit was veral opvallend in die laaste twee maande van 2016, waar goeie reën verwag is – maar ook baie onseker was – met die gevolg dat die verwagte goeie reën op baie plekke, veral in die Oos-Kaap, nie gerealiseer het nie.”

Die meeste plaaslike en internasionale voorspellingstelsels dui volgens Jacobs voortdurend aan dat Suid-Afrika se somerreënvalgebiede toestande van natter as gewoonlik kan verwag in die laatsomer tot vroeë herfs.

“Die moontlikheid daarvan is egter skraler as dit met die voorafgaande maande vergelyk word. Daar is ook geen sterk aanduidings rakende temperature vir die laat somerseisoen nie, behalwe dat bonormale temperature sal voorkom.” Dié verswakkende moontlikheid van goeie reëns en onseker temperature kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die verwarming van die Indiese Oseaan en die geleidelike verswakking van die swak La Niña, glo Jacobs.

Die swakker moontlikheid vir bonormale reën kan veroorsaak dat die droogte voortduur, ondanks die natter toestande in sommige dele van die somerreënvalgebied in die vroeë somer, veral November.“Die stadige herstel van die verskriklike droogte bly egter ’n groot bekommernis.”

Daar is nie goeie nuus oor die opvanggebiede van die opgaardamme wat water aan die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit verskaf nie. Jacobs sê die probleem met die opvanggebiede is dat dit in ’n lae reënvalgebied val.

“Die gebied wes van Port Elizabeth is in die oorgangsgebied tussen die somer- en winter- reënvalgebiede. Daarom vorm die somer-donderstorms, wat uit tropiese lugmassas ontwikkel, gewoonlik oos van die gebied.

“Gevolglik kry ons nie hoë neerslae in die somer nie. In die winter is die kouefronte al uitgereën teen die tyd dat dit die gebied bereik.

“Die enigste weerstelsels wat tot goeie reën in die gebied lei, is afsnylae, wat stadig oorbeweeg met lekker dik reënwolke. Hierdie stelsels beweeg egter nie altyd oor die opvangsgebiede wanneer hulle vorm nie,” sê Jacobs.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6323 votes
It's four more years for Trump
54% - 7438 votes
Vote
ZAR/USD
16.27
(+0.30)
ZAR/GBP
21.41
(+0.15)
ZAR/EUR
19.32
(+0.20)
ZAR/AUD
11.59
(+0.13)
ZAR/JPY
0.16
(+0.11)
Gold
1920.10
(-0.06)
Silver
24.96
(+0.09)
Platinum
890.00
(+0.79)
Brent Crude
42.06
(-3.35)
Palladium
2410.00
(+1.07)
All Share
54809.98
(-0.97)
Top 40
50387.99
(-1.02)
Financial 15
10125.10
(-0.13)
Industrial 25
74013.68
(-0.76)
Resource 10
53601.66
(-1.55)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo