Nuwe metropolisiehoof het blink planne

Yolande Faro, hoof van die metropolisie in die Nelson Mandelabaai-metro.  Foto: Roslyn Baatjies
Yolande Faro, hoof van die metropolisie in die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Roslyn Baatjies

DIE metropolisie se rol is om meer te doen as net verkeers- en munisipale regulasies toe te pas.

Die Nelson Mandelabaai-metro se nuwe metropolisiehoof, Yolande Faro, meen dat dié mag se derde been misdaadbekamping is – en deur juis dit te doen, behoort hulle ’n rol in die oplossing van maatskaplike probleme te speel.

“Die metropolisie is verantwoordelik vir wetstoepassing, maar ons moet ook kyk na die kern van wetstoepassing. Wanneer ons maatskaplike misdaadbekamping doen, moet ons dit in samewerking met ander departemente doen,” sê Faro, wat sedert 1 Desember verlede jaar hoof van die metropolisie is.

Volgens Faro, wat haarself nou ’n Baaise meisie noem, wil sy ook graag ’n kadetprogram vir jong mense en kinders in die metro begin.

“Iets wat my bekommer, is die gebrek aan rolmodelle vir kinders. Kinders moet nie ’n bendelid as glamorous beskou nie.

“En dit is waarom ons die kadetprogram in die Kaap begin het. Ons wou kinders voorstel aan ander rolmodelle en hulle aanmoedig om eerder aan die metropolisiebende of die veiligheid- en sekuriteitsbende te behoort.”

Kinder- en vrouemishandeling steek Faro dwars in die krop.

“Ek wil ook dat ons nou met die gemeenskap werk en ondersteuning bied aan skuilings vir mishandelde vroue en kinders.”

Sy is trots op dit wat die metropolisie tot dusver vermag het, veral in die feestyd. “Wat vir my uitgestaan het, is dat die beamptes geesdriftig is oor hul werk en toegewyd is. Dit gaan nie altyd oor die geld en die ure wat hulle werk nie.

“Daar is ’n opregte begeerte by hulle om ’n verskil te maak. Hulle wil verseker dat die inwoners van die metro, sowel as besoekers, veiligheid en sekuriteit geniet.”

Sy sê sy weet dat daar baie van die metropolisie verwag word, maar vra dat almal geduldig sal wees en hulle ’n kans gee om in hul poste te groei.

Die metropolisielede weet ook wat sy van hulle verwag.

“Netheid is baie belangrik vir my. Ek wil nie op jou uniform sien wat jy gister geëet het nie.

“Korrupsie is heeltemal uit. Ek het ’n broertjie dood daaraan. As enige lid van die metropolisie korrup is, moet die publiek dit dadelik aanmeld, bewyse verskaf en bereid wees om ’n verklaring daaroor af te lê.”

Faro sê die lede se dissipline is ook belangrik.

Hulle moet altyd onthou dat hulle in diens is om die gemeenskap te dien, voeg sy by.

Sy sê daar is baie wat die metropolisie in die metro kan doen, maar hulpbronne moet daarvoor beskikbaar wees. “Ons kan nie die Kaap vat en hier kom neersit nie, want hier is ander kwessies wat hanteer moet word.”

Faro moedig die gemeenskap aan om wenke oor korrupsie of ander inligting aan die metropolisie te gee deur 041 508 5564 te skakel.

Sy het ook kerke aangemoedig om haar en die lede te nooi om hul gemeentes oor die werk van die metropolisie toe te spreek.

“Ons sal alle inligting vertroulik hanteer. Mense moet nie bang wees om inligting te gee nie,” sê Faro.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 854 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1608 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 8746 votes
Vote
ZAR/USD
15.41
(+0.05)
ZAR/GBP
20.54
(-0.10)
ZAR/EUR
18.25
(+0.25)
ZAR/AUD
11.23
(+0.42)
ZAR/JPY
0.15
(+0.71)
Gold
1838.00
(-1.80)
Silver
23.57
(-2.46)
Platinum
926.00
(-1.72)
Brent Crude
45.18
(0.00)
Palladium
2339.00
(+1.23)
All Share
57147.31
(+0.94)
Top 40
52478.55
(+1.08)
Financial 15
11337.90
(+0.62)
Industrial 25
79917.53
(+1.49)
Resource 10
51771.17
(+0.65)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo