Nuwe winkelkompleks langs William Moffett-weg

: Nelson Mandelabaai burgemeester Danny Jordaan met Auto Motorcycles handelaar-prinsipaal Sach Pillay, en Greg Harvey, vennoot van Auto Motorcycles.  Foto: VERSKAF
: Nelson Mandelabaai burgemeester Danny Jordaan met Auto Motorcycles handelaar-prinsipaal Sach Pillay, en Greg Harvey, vennoot van Auto Motorcycles. Foto: VERSKAF

VIR 17 jaar word Auto Motorcycles se sake nét vanuit die Oos-Kaap bedryf – en met ’n belegging van R40 miljoen wat dié handelaar na die Baai bring, sal hy sy voetspoor versterk.

Só het Greg Harvey, vennoot van Auto Motorcycles, verlede week gesê.

Dié motorfietshandelaar, wat sy hoofkantoor op Queenstown het, beplan om volgende jaar sy Baaise bedrywighede na ’n nuwe tak uit te brei, sê Harvey.

“Ons het reeds die eiendom gekoop langs William Moffett-weg, en hopelik kan ons volgende jaar met bouwerk begin sodra die boumaatskappye vir die nuwe jaar open.”

Die ontwikkeling sal ’n winkelkompleks wees. “Ons sal self drie of vier persele beset, met ’n handelaar, ’n bestuurderopleidingsentrum en ’n onderdelewinkel. Dan wil ons nog winkels, soos ’n koffiewinkel en kleinhandelaars, bybring. Dit sal altesaam 10 tot 15 winkels behels.”

Harvey mik om die sentrum in Maart te open, maar dié doelwit sal nie sonder uitdagings wees nie.

“Ons het die metro se hulp nodig, want die pad wat na die sentrum moet loop, is reeds op planne, maar is nog nie fisies ontwikkel nie. Dié belegging is ’n stewige een, en ons kan ongeveer 100 werksgeleenthede skep, maar die pad sal die moontlikhede verbreed.”

Danny Jordaan, Baaise burgemeester, verwelkom die nuus van die beplande ontwikkeling.

“Die belegging toon vertroue in die metro en sal help om werkloosheid hier te verlig. Ons wil ’n diverse ekonomie skep, maar ook die motorbedryf hier versterk, want vervoer is noodsaaklik vir elke sektor,” sê Jordaan.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6811 votes
It's four more years for Trump
54% - 7922 votes
Vote
ZAR/USD
16.19
(+0.81)
ZAR/GBP
21.20
(+1.15)
ZAR/EUR
19.15
(+1.10)
ZAR/AUD
11.53
(+0.66)
ZAR/JPY
0.15
(+1.01)
Gold
1903.91
(-0.91)
Silver
24.71
(-0.98)
Platinum
885.00
(+0.23)
Brent Crude
42.06
(-3.35)
Palladium
2382.50
(-0.08)
All Share
54796.42
(-0.99)
Top 40
50276.84
(-1.23)
Financial 15
10376.28
(+2.34)
Industrial 25
74130.97
(-0.60)
Resource 10
52819.20
(-2.99)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo