Ontmoet Mnr. PE 2016 - Nicholas Affat

Nicholas Affat (middel) is die nuwe Die Burger/Boardwalk Mnr. PE. Abrie Landman (links) is as die naaswenner aangewys en Iviwe Konza was derde. Foto’s: DEON FERREIRA
Nicholas Affat (middel) is die nuwe Die Burger/Boardwalk Mnr. PE. Abrie Landman (links) is as die naaswenner aangewys en Iviwe Konza was derde. Foto’s: DEON FERREIRA

DIE nuwe Die Burger/Boardwalk Mnr. PE se familie het Sondag nie Vadersdag gevier nie, maar wel gesinsdag.

Só sê Nicholas Affat (23), Die Burger/Boardwalk Mnr. PE 2016, wat sy nuwe status aan die “goeie ondersteuning” van sy gesin toeskryf.

“Hoewel dit Sondag Vadersdag was, het ons die tyd gebruik om die Mnr. PE (-titel) as ons gesin se oorwinning te vier,” sê Affat.

Dié finalejaarstudent in menslike bewegingskunde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) is Vrydag op ’n galageleentheid in die Boardwalk Hotel wat deur ongeveer 700 gaste bygewoon is as die 15de Mnr. PE gekroon.

Abrie Landman was die naaswenner en Iviwe Konza het die derde plek behaal.

Affat het Sondag gesê die nuwe titel voel steeds onwerklik en dat hy na sy nuwe verantwoordelikhede uitsien.

“Ek moet erken dit voel baie vreemd om skielik soos ’n beroemde persoon behandel te word. Maar ek weet die harde werk begin eintlik nou eers.”

Sy planne vir die jaar sluit verskeie uitreikprogramme vir welsynorganisasies in. “Elke finalis het ’n waardige welsynorganisasie, en ek sal die harde werk wat tot nou ingesit is graag wil help uitbrei.

“Maar die belangrikste, en sekerlik my grootste uitdaging, sal my groot plan vir die jaar wees met Hannah’s Arms, die organisasie wat huise vir wees- en verwerpte babas vind.”

Affat is van plan om sy titel en ondersteunende borge te gebruik om geld vir die oprig van ’n veilige hawe vir Hannah’s Arms in te samel. Hoewel hy erken dit klink dalk ’n bietjie ambisieus, meen hy sy gesindheid is positief genoeg om dit te laat gebeur.

“Ek het drie jaar gelede geleer dat enigiets moontlik is as jou houding teenoor die uitdaging werklik positief is.”

Affat het dié persoonlike uitkyk sy eie gemaak toe hy in 2014 sy eerste Ystermankompetisie in die Baai voltooi het. Daarna het hy nog ’n droom bewaarheid – ’n jaar van toer deur Amerika – wat hom toe genoeg selfvertroue gegee het om vanjaar aan die Mnr. PE-kompetisie deel te neem.

“Om te toer het my selfvertroue net goed gedoen. Ek weet nou wat ek uit die lewe wil hê, en vir nou wil ek ’n jaar hê waar ek werklik ’n verskil in die lewens van die mense in Port Elizabeth kan maak.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
47% - 10287 votes
It's four more years for Trump
53% - 11504 votes
Vote
ZAR/USD
16.39
(-0.33)
ZAR/GBP
21.19
(+0.32)
ZAR/EUR
19.14
(+0.48)
ZAR/AUD
11.52
(+0.22)
ZAR/JPY
0.16
(+0.13)
Gold
1866.00
(-0.69)
Silver
23.20
(-0.88)
Platinum
848.00
(-2.47)
Brent Crude
39.48
(-4.73)
Palladium
2195.50
(-2.58)
All Share
51896.97
(-0.79)
Top 40
47576.46
(-0.74)
Financial 15
9756.70
(-2.69)
Industrial 25
72681.12
(-0.25)
Resource 10
47826.96
(-0.63)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo