Oos-Kaap het hulpgroepe 4 maande laas betaal

SIEK en weerlose senior burgers en kinders in die Oos-Kaap word deur verhongering in die gesig gestaar en maatskaplike werkers kan hul werk verloor omdat die departement van maatskaplike ontwikkeling versuim om staatsubsidies aan talle organisasies sonder winsbejag uit te betaal.

Die meeste van dié organisasies het vier maande laas geld gekry.

Die organisasies sê as dinge nie gou verander nie, loop hulle die gevaar om hul deure te sluit.

Die Gelvan Park Frail Aged Home, wat 98 inwoners van agtergeblewe gemeenskappe huisves, het al sy reserwegeld uitgeput.

Hy kan nie vandeesmaand salarisse betaal nie en kosvoorrade het opgedroog. Die kos wat inwoners saans eet, is danksy skenkings.

Denis Bellairs, voorsitter van die tehuis se raad, sê dit word ’n uitdaging om gehaltedienste te lewer. “Ons is tot op ons knieë gedwing en wil ’n dringende pleidooi lewer vir skenkings. Sommige inwoners benodig doeke vir volwassenes.”

Anna-Louise Olivier, direkteur van Uviwe, een van die grootste kinderbeskermingsorganisasies in die noordelike voorstede, sê hulle het in April laas hul subsidie gekry.

Hulle is genoodsaak om programme af te skaal sodat hulle, terwyl hulle nog kan, hul werknemers se salarisse kan betaal.

“Ons bid. Ons bid kliphard, want op papier het ons net vier of vyf maande oor om te oorleef.”

Magda von Solms van die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) beskryf die situasie as ’n “reusekrisis”, wat hul 12 takke in die Oos-Kaap raak.

Sy sê sommige van die takke moes noodgedwonge lenings aangaan om hul werknemers te betaal, maar hulle kan nie daarmee volhou nie.

“Dit is absoluut onaanvaarbaar. Ons moet raap en skraap om mense betaal te kry. Die kinders wat versorg word, kom reeds uit haglike omstandighede, en nou nog dit.

“Dit het ’n uiters negatiewe impak op ons dienslewering, sê Von Solms.

Delene Ritter van Child Welfare in die Oos-Kaap beskryf die situasie as ’n groot gemors. Ook hulle moes geld leen om hul maatskaplike werkers te betaal.

Hulle kan nie tans vrywilligers oor die Kinderwet oplei nie.

“Die vrywilligers is die maatskaplike werkers se oë en ore in die gemeenskappe. Hulle identifiseer gevalle van mishandeling, maar dit gebeur nou nie. In my loopbaan van 49 jaar as maatskaplike werker het ek nog nooit so ’n gemors gesien nie.”

Al die organisasies het al menige keer sonder sukses by die department antwoorde probeer kry.

Gcobani Muswana, woordvoerder van die departement, het verlede week by navraag gesê hulle is bewus van die probleem en gee aandag daaraan.

Volgens Muswana kan die organisasies wat nog nie hul geld gekry het nie teen vandeesweek al die agterstallige geld verwag.

Hy het die probleem met die betalings aan ’n nuwe betalingstelsel, wat strenger beheermaatreëls het, toegeskryf.

“Ons weet die organisasies is gefrustreerd en dit is nie vir ons ’n lekker gevoel om te weet waardeur hulle gaan nie, maar hulle word volgende week betaal,” het Muswana verlede week belowe.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
47% - 10293 votes
It's four more years for Trump
53% - 11516 votes
Vote
ZAR/USD
16.39
(-0.33)
ZAR/GBP
21.19
(+0.32)
ZAR/EUR
19.14
(+0.48)
ZAR/AUD
11.52
(+0.22)
ZAR/JPY
0.16
(+0.13)
Gold
1866.00
(-0.69)
Silver
23.20
(-0.88)
Platinum
848.00
(-2.47)
Brent Crude
39.48
(-4.73)
Palladium
2195.50
(-2.58)
All Share
51896.97
(-0.79)
Top 40
47576.46
(-0.74)
Financial 15
9756.70
(-2.69)
Industrial 25
72681.12
(-0.25)
Resource 10
47826.96
(-0.63)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo