Skaakwonder is internasionale skaakspeler van die jaar

‘n Trotse Jesse February met die trofee wat sy as jong internasionale skaakspeler van die jaar verower het.  Foto: Verskaf
‘n Trotse Jesse February met die trofee wat sy as jong internasionale skaakspeler van die jaar verower het. Foto: Verskaf

AGT dae, 32 uitmergelende uur, 14 wedstryde en meer as 2 000 spelers.

Dit som die onlangse nasionale skaakkampioenskappe in Kaapstad op waar die o.20A-span van Port Elizabeth ná ’n naelbytstryd net-net deur die Wes-Kaap in die eindronde geklop is.

In hierdie span was Jesse February (18), die jong skaakwonder van die Baai, wat ná afloop van die toernooi nie net as die internasionale jong speler van die jaar aangewys is nie, maar ook ingesluit is in die skaakspan vir die internasionale olimpiade wat in September in Baku, Azerbaidjan, gehou word.

“Ek was stomgeslaan toe die seremoniemeester, voor die oorhandiging van die pryse, al my vorige prestasies opnoem, en aanbeweeg sonder om my naam te noem.

Uiteindelik word ek toe aangewys as die nasionale skaakvereniging se jong internasionale speler van die jaar.

“Dit was ’n baie groot oomblik vir my en ek was trots dat ek die verhoog in een stuk kon haal.

“Ek het die trappe opgestrompel met trane in my oë om die trofee te gaan haal,” het die skaam tiener gesê, en bygevoeg dat dit een van die mooiste oomblikke van haar lewe was.

Sy sê een aspek van haar loopbaan wat uitstaan is volharding.

“Ek speel nou al skaak vir tien jaar en ek het lankal besef dat skaakfiksheid beslis bestaan. In die interstreektoernooi wat ná die spantoernooi gespeel is het ek weer besef hoe belangrik skaakfiksheid is,” het sy gesê.

Aan die einde van die wedstryd, sê Jesse, gaan die koning en pion terug in dieselfde houer.

“Hierdie aanhaling sal by my bly vir solank as wat ek skaak speel. Dit het my geleer dat wat ook al jou omstandighede, daar altyd ’n manier is om sukses te behaal.

“Skaak is nes die lewe, as jy nie weet waarheen jy op pad is nie sal jy nooit die wedstryd wen nie,” aldus Jesse.

Jesse studeer B Com Rekeningkunde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As South Africa faces down the third Covid-19 wave, how are you keeping your family safe ?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Staying at home, isolating and being careful
19% - 561 votes
Sanitising and wearing masks when we go out
67% - 1947 votes
Going on as usual, we're not afraid of the virus
13% - 382 votes
Vote
Rand - Dollar
14.13
-0.0%
Rand - Pound
19.92
-0.0%
Rand - Euro
17.16
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.00
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Gold
1,843.76
0.0%
Silver
27.42
0.0%
Palladium
2,894.50
0.0%
Platinum
1,229.50
0.0%
Brent Crude
68.71
+2.5%
Top 40
60,573
+0.6%
All Share
66,598
+0.7%
Resource 10
69,386
-0.1%
Industrial 25
83,277
+0.9%
Financial 15
12,685
+1.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo