Skrywer vertel dogter se riller storie

Vryskutjoernalis en nie-fiksie skrywer, Carla van der Spuy, stel op 25 Augustus haar nuwe boek, Mishandel, Misbruik, Misken - Joey Haarhoff Was My Ma, bekend.                      Foto: VERSKAF
Vryskutjoernalis en nie-fiksie skrywer, Carla van der Spuy, stel op 25 Augustus haar nuwe boek, Mishandel, Misbruik, Misken - Joey Haarhoff Was My Ma, bekend. Foto: VERSKAF

CARLA van der Spuy, ’n welbekende plaaslike vryskutjoernalis en nie-fiksie skrywer, het die uitdagende taak aangepak om die storie van Amor van der Westhuyzen te vertel in haar nuutste boek, Mishandel, Misbruik, Misken - Joey Haarhoff Was My Ma, wat op 25 Augustus in Port Elizabeth bekendge-stel word.

Amor is die dogter van Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses meisies ontvoer het in die laat 1980’s.

Sy was deur die loop van haar kinderjare fisiek en emosioneel mishandel deur beide haar ouers. Alhoewel sy ’n getroude vrou was toe die ontvoerings plaagevind het, het dit ’n baie groot impak op haar lewe gehad.

Mishandel, Misbruik, Misken - Joey Haarhoff Was My Ma vertel die ontsagwekkende storie van Amor se kinderjare en die tydperk na die ont- voerings.

Van der Spuy het haar inspirasie vir die boek gekry deur ’n onderhoud wat Hilda van Dyk van Huisgenoot met Amor gevoer het.

Amor het genoem dat sy ’n boek oor haar lewe wil skryf en Van Dyk, wat saam met Van der Spuy se dogter op universiteit was, het haar ge-vra of sy belang sou stel om die storie op papier vas te vang.

Die boek is geskryf oor ’n tydperk van vyf maande waartydens Van der Spuy verskeie onderhoude met Amor gevoer het.

“Die boek is gemik daarop om mense wat slagoffers van huislike geweld en ander negatiewe omstandighede was, te bemoedig en te verseker dat daar met harde werk wel ’n oplossing is,” het Van der Spuy gesê.

Die boekbekendstelling vind môre, 25 Augustus, om 6nm by die GFI Gallery in Parkweg plaas. Dit is gratis en oop vir almal om by te woon.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
38% - 4134 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 2803 votes
No, I don't think they need it
36% - 3968 votes
Vote
ZAR/USD
15.32
(-0.49)
ZAR/GBP
21.17
(-0.07)
ZAR/EUR
18.28
(-0.12)
ZAR/AUD
11.77
(-0.06)
ZAR/JPY
0.14
(-0.09)
Gold
1700.70
(+0.04)
Silver
25.22
(+0.17)
Platinum
1128.01
(+0.31)
Brent Crude
69.67
(+3.93)
Palladium
2329.95
(+0.62)
All Share
68271.19
(+0.78)
Top 40
62788.64
(+0.87)
Financial 15
12759.80
(+0.67)
Industrial 25
87613.31
(-0.32)
Resource 10
70801.78
(+2.36)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo